Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“n Paar dae gelede kom ek af op ‘n DVD van Louie Giglio wat so fantasties was en my asem so weggeslaan het , dat ek julle net daarvan sal moet vertel. So iets kan en mag ek nie vir myself hou nie.

Sy preek het gegaan oor hoe groot en almagtige God ons dien en hoe die aarde geskape is deur Hom . Yahweh het net gespreek en dit was so en ook hoe Yahweh ons as mense aanmekaar geweef het in die moederskoot. Van altyd af was ek nog verwonderd elke keer as ek iets nuuts byleer van ons Abba Vader en ek kan nie verstaan dat daar mense is wat nie in Sy bestaan glo nie. Daar is net te veel bewyse daarvoor.

Verder het die preek gegaan oor hoe ons maar werklik ons Vader wat Skepper is van Hemel en aarde, kan vertrou en dat Hy ook ons voorsiener, geneser en Trooster is wanneer alles verkeerd loop. EN dis toe dat ek nie kan glo wat ek hoor nie. Dit was so wonderlik, ongelooflik en fantasties! Hy het begin praat oor laminin. Dit was vir my die eerste keer dat ek van daai woord se bestaan gehoor het. Ewenwel ek het toe gaan opkyk wat dit beteken en hier is Wiki se betekenis:” Lamanins are a family of proteins that are an integral part of the structural scaffolding of basement membranes in almost every tissue”

Met ander woorde, lamanins is wat ons as mens aanmekaar hou. LETTERLIK!. Dit is die “gom” wat ons selle aanmekaar hou. Sonder dit sou ons letterlik uitmekaar geval het. Nou het ek geweet wat dit is maar nog nie hoe dit LYK nie. Maar nou weet ek en vandat ek weet gaan daar nie ‘n uur verby dat ek nie daaraan dink nie! As jy dit onder ‘n mikroskoop bekyk dan lyk dit soos ‘n KRUIS!!! Onderaan die end van hierdie stuk sal ek vir julle ‘n prentjie probeer opsit van hoe dit lyk. Dis ongelooflik!

Wie gaan my nou oortuig dat ek nie ‘n “awesome” Yahweh aanbid nie? Die gom wat ons almal aanmekaar hou hier op aarde, is in die vorm van ‘n kruis en ek dink aan Kol1:15-17 Paulus het daardie einste woorde neergeskryf duisende jare voordatdie wêreld geweet het van die bestaan van laminin.
Hierdie was weereens vir my “mindblowing” fantasties.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Het dit ook gelees, dankie vir die deel op woes hiervan.
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar