Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

2014 se son is besig om snel agter die horison te sak. 'n Kaleidoskoop van kleure meng in my gestorte uurglas sandbak en ek bekyk my wandelingspaaie wat die jaar deurkruis het.

Die Heilige Gees se fluistering in my siel was die kompas wat my rigting sekuur gehou het. My bewus gemaak het van elke knikkie in die nou bospaadjie hier deur die lewenswoud.

Soms wou ek kortpad kies en het die ompad vir my haastige mens wees na 'n beslommernis gelyk. Maar dan het die fluistering vir my gesê: Vertrou My. Nou as ek met insig 'n terugblik kry op die spore, sien ek 'n sleepsel van die wêreldslang wat my met ikoon-gif wou vol pomp en my dan bedwelmend na die wye helspad wou ontvoer het.

Ek sien dat die voetpaadjie deur baie donker skadu's gegaan het. Maar ek was dan nie bang nie! Kyk, daar is 'n lantern in my hand. Stralend sien ek die pad verlig. God se Woord wat alle donkerte laat wyk en warmte selfs in 'n koue en ongenaakbare wêreld gebring het. En kyk - die lamp se brandstof was soos Elia se weduwee kruik - nooit het dit opgeraak nie. By God is als in oorvloed.

Wanneer ek kyk na hierdie Vaderhande wat die mossie-kind van U geklee het, kon die wêreld soos Salomo my nie so geklee het nie. Elke dag was die wapenrusting nuut, blink, gereed. Selfs as ek ondankbaar en selfsugtig nie eers daarvoor gebid het nie. Hier waar ek terugkyk op die pad, sien ek hoe satan se vurige pyle teen die wapenrusting gesneuwel het en met onverrigte sake stomp afgebreek het.

Die voetpaadjie het soms baie spore oor en om my spore gehad. En van daardie afdrukke is in my hart vir ewig afgedruk. Warm drukkies, boodskappe wat soos 'n warm broodjie uit God se kombuis gekom het.

Daar was dae wat die wolke God se trane oor hierdie wêreld gestort het. Dan was Santam se sambreel oor my gesprei. En daar was altyd 'n reënboog teken in die hemel as teken dat God nooit sy Geloftes aan my sal verloën nie. Ek weet dat vir die wat God se kinders is, baie meer as 'n pot goud as belofte wag... Aan die einde van hierdie reënboog!

Daarom wil ek vandag met nederigheid en eerbied die Troonkamer nader. Ek wil soos daardie sondaar voor Jesus buig en kniel en met trane van dankbaarheid Sy Voete was.

Maar ek weet my Abba Vader sal dit nie daar laat nie. Hy sal my optel nie soos hierdie ligsinnige wêreld kersvader uitbeeld nie. Nee, my Abba Vader is baie meer as net 'n kersvader en 'n gelukbringertjie vir 2015 vir my... Sy sterke Arms vou my toe soos wat ek by Hom sit. Sag vee Hy ook die trane af van my wange oor seer in 2014 en wys Hy my ook op al die vreugde waarmee Hy my paadjie gesaai het. Dankie want elke tree is 'n tree nader aan Sy belofte dat Hy ons nooit alleen sal laat nie.

En 2015 rys op die horison...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Welkom
Pragtige woorde Hannelie!
2 jaar 10 maande 3 weke 6 ure oud


2015
Pragtig gepen en as Hy met ons is, wie kan teen ons wees?
2 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Welkom
AMEN op doe mooiste en dankbaarste rubriek wat ek nog gelees het... puik gepen Hannelie!!!

hierdie is n uitdruk en weer en weer lees stuk!!
2 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar