GEDIGTE:
1 ste plek: Karmenaadjie met In Crooks corner se liefdesbos
2 de plek: Viooltjie met Sal jy my dan glo
3 de plek: Ita met Bergklanke van my liefde
Eervolle vermeldings:
Evelyn van der Merwe met Ek skryf vir jou
Dawid Lotter met Laaste brief
RUBRIEKE:
1 ste plek: Corina Becker met Liefde
KORTVERHALE:
1 ste plek: Oom Kaspaas met Weersiens
Ek wil vra dat die wenners asb vir my ‘n epos sal stuur met julle epos adresse sodat ek julle sertifikate kan aanstuur.
Kom ondersteun ook ons Buitenste ruimte projek in ELKE afdeling asb.
Wees altyd geseënd
Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout
NS:
Ek heg die algemene kommentaar van die moderator aan sodat julle die mooi woorde self kan lees…
Ek wil eerstens sê dat met 'n onderwerp soos die liefde, wat al seker miljoene kere ondersoek is in die poësie en prosa deur die eeue, het ek verbasend goeie en vars idees in hierdie projek raakgelees. Met 'n projek van by die 15 000 woorde was dit 'n heerlike ervaring en wil ek graag elke skrywer gelukwens met pragtige pogings. Ek wil hê die skrywers moet asseblief weet dat selfs negatiewe kommentare nie gemik is om afbreuk te maak aan hul kuns nie, maar moet gesien word as aanmoediging om aan te hou en elke keer beter te skryf.
Lees ander rubrieke deur Anze Bezuidenhout
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae