Rubrieke

Titel: Werkwoorde
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Doen dinge beter in die toekoms
Doen dinge stadiger in die aande
Doen dinge wat jou gelukkig maak nie die een wat langs jou staan nie.

Glo dinge in die Bybel en nie uit 'n ander een se mond nie
Glo wat jy glo en moenie twyfel in jou standpunt of besluite nie
Glo want dis wat God van ons vra... Nie gee of vra of sing of skree nie... Nee Hy vra net dat ons moet glo.

Onthou ons is hier om Sy will te doen, nie om varsity te pass of 'n verhoging te kry nie. Nie om jou kinders se lewens te ly of om die dominie mooi te groet op sondag nie. Nie om te oordeel of om vrae te vra nie.
Onthou om jou tande te borsel maar jy hoef net die tande te vlos wat jy wil hou
Onthou die man wat koerante met komberse verwar en die die kind wat hongerte langs die pad adverteer.

Toets alles maar behou die goeie... Behou die goeie tewyl jy toets nie na die tyd nie
Toets jou spaarwiel gereeld en jou water en olie elke keer as jy jou been moet afsaag om vir petrol te betaal
Toets jou hart se liefdes vlak daagliks maar moenie worry oor jou geloof nie... God sal daai een toets net wanneer jy dit die minste nodig het

Bid met eerlikheid en opregtheid
Bid sonder ophou en sonder skaamte
Bid in jou taal en styl, op jou manier wat vir jou sin maak want HY verstaan alles.
Bid so tussen deur die trane en die vloekwoorde, tussen in die hoekom's en wanneer's
Bid sonder ophou en sonder skaamte




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar