Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na 'n aanvanklike drie maande in die verkeershof, word ek 'promiveer' na Oom (Landdros) Buks Malan (skuilnaam) se hof. Dit was 'n ope geheim in die hofgange dat Oom Buks van sy Bachhus voggies gehou het. Elke oggend alvorens hy die bank bestyg vul hy sy staatsdiens water kraffie sorgvuldig met half water en half gin. "Dit ruik nie,ou seun." Deur die loop van die dag word die kraffie dan ook teugie vir teugie deurgewerk. Dit het egter geen (sigbare) invloed op Oom Buks gehad nie; hy kon drie uur in die middag 'n puik ex tempore uitspraak voordra.

Ek kla 'n Tuks student aan vir besit van pornografie. Die gewraakte item is 'n fotoverhaal aka Mark Condor styl. Die 'verhaal' begin met 'n dame wat haar woonstel deur oop maak vir 'n loodgieter wat na haar 'pype' moet omsien. Sy is vars gestort en het net 'n handdoek om die wilgerlatlyf. Alvorens onse loodgieter na die pype kan omsien, bied sy hom eers 'n alkoholiese versnapering aan, skink self een en gaan sit langs hom op die rusbank. Die handdoek val af en die res van die verhaal is wim en wierook.

Ons verdaag vir oggend tee en ek en Oom Buks (soos dit goeie amptenare betaam) vergewis ons eers deeglik in sy kantoor van die inhoud van Bewysstuk Een.

Ek merk dat Oom Buks met tye 'n foto of twee van nader betrag en dink by myself dat die 'Ou Toppie' nog groot belangstelling in die vleeslike toon. Dan merk hy droog op: "Gods, sy drink nogal 'n donnerse duur whiskey." Met die merk ek vir die eerste keer die bottel Johnny Walker Blue in die fotos op.

'n Kwessie van prioriteite...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Inter Pocula
Domo Arigato virri komtare!
7 jaar 11 maande 6 dae 13 ure oud


die weervoorspelling
lief jou hofstories.stem saam tribal.
ek bestel solank een.
7 jaar 11 maande 6 dae 14 ure oud


Prioriteite
Soveel mense, soveel opinies, soveel prioriteite en voorkeure. En nou dat jy 'n ou-toppie is, wat sal jy nou raaksien in so prentjie?
Weereens 'n heerlike geregtelike koutjie uit jou pakkie soet-goed! Solank as jy skryf, solank sal ek lees.
7 jaar 11 maande 6 dae 19 ure oud


hoe dan anders
Die bottel was verseker vatsoenlik.
7 jaar 11 maande 1 week 3 ure oud


Hul sê mos
met grysheid kom wysheid.....of is dit nou andersom? Wag, laat 'k net gou nogge slukkie vat....
7 jaar 11 maande 1 week 3 ure oud


Ek moet
saam stem deur te sê dis 'n saak van prioriteite! Het my nou lekker laat lag, dankie vir die een.
7 jaar 11 maande 1 week 4 ure oud


Ou Toppie
n kwessie van Inter Pocula?
7 jaar 11 maande 1 week 5 ure oud


Whiskey
Dit laat my dink aan die slag toe ek op 'n Saterdag middag my seun ongevalle toe geneem het omdat hy sy been oopgesaag het met 'n kettingsaag. Terwyl hulle met hom besig was kom daar 'n dame in met bietjie baie voggies in haar lyf. Die dokter ondersoek haar en vra "sjoe wat het jy gedrink dat jou asem so na drank ruik" Vinnig se sy. "Man dis mosch djou eige asem wat djy ryk, wiskie, dja wiskie dis wat jille dokters mosh drink."
So dit lyk my darem nou dis nie net dokters wat wiskie drink nie. Ha ha - Schatz
7 jaar 11 maande 1 week 5 ure oud


Ou Toppie
Met agterinsig (hindsight): Gods, nou is ek die Ou Toppie!!!
7 jaar 11 maande 1 week 7 ure oud


ek se mos hoeka
Daar moes opvoedkundige waarde in daai foto boekies gewees het wat ons nie mag gelees het nie. Daar het jy dit nou n helse gaping in my opvoeding oor wat mens moet drink as jy n handdoek dra !
7 jaar 11 maande 1 week 8 ure oud


Juf Gawie
Ek beroep my op my swygreg.
7 jaar 11 maande 1 week 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar