Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daagliks moet ons kies, keuses maak. Soms kies ons reg en soms ook verkeerd. 'n Maand of ses gelede het ek ongelukkig 'n baie verkeerde keuse gemaak wat my eindelik baie, baie duur gekos het.

Ek is mal oor die reuk van wierookstokkies. Daar is soveel verskillende geure om van te kies. Ek het sommer 'n hele verskeidenhied gekoop en saans in my kaia gebrand sodat die plekkie lekker kan ruik.
Geleidelik, sonder dat ek iets agterkom begin ek val. Begin vergeet om te bid. Later pla dit nie eens meer nie.
Depressie neem oor. Ek kan net nie meer, wil net nie meer alleen wees nie.
Selfmoord begin in my gedagtes rondspeel. Die dood klink so aanloklik. Geen kommer meer. Geen alleen meer wees nie. Geen niks meer nie. Dit kan net lekker wees.
Hoe sal ek dit doen? Polse sny of pille drink? Dalk sommer die verwarmer in die bad laat val, of dalk net voor 'n groot trok in stap?? Maak nie saak hoe en op watter manier nie. Die dood sal baie beter wees as hierdie koue, kille en doodse gevoel.
Verlede Sondag gaan ek kerk toe. "Here, as U rerig van my weet, praat dan vandag met my."
Ek kon net sowel alleen in die kerk gewees het. Die onbekende en besoekende Pastoor praat met my asof hy my persoonlik ken. Die man weet dan alles van my!! Ek maak vrede met Hom. Tog is dit of iets bly haper. Soos gewoonlik is my geloof maar weer te klein, of dalk was ek maar net opgewerk deur die boodskap. Ek weet nie.

Op pad terug huistoe maal die preek deur my kop. "Here, wat is dan fout? Hoekom kan ek net nie 100% vrede ervaar nie???
"Daar is wierookstokke in jou kaia! Vreemde goed van die ongelowiges. Jy maak self die deur oop vir die bose om in te kom."
Toe ek in my kaia instap, oorval die depressie my onmiddelik weer. Sy genade alleen, laat my kophou. Ek gryp dadelik die stokkies, breek dit stukkend en gaan gooi dit in die buite-drom. Biddend neem ek olie en salf die deurkosyn en vensterrame. Oral waardeur iets in my kaia kan kom.
Dis nog nie behoorlik twee dae later nie en ek het vrede in my gemoed. SY vrede en rustigheid.
Crux van my hele ondervinding. MOENIE sommer iets, van vreemde geloof of van waar ookal, in jou huis bring nie. Ek het gedink dat hierdie wierookstokkies geen skade kan doen nie. Ek hou mos maar net van die reuk. Kyk weer na daardie masker wat teen jou muur hang. Enige-iets waaroor jy twyfel. Gooi uit. Gooi weg en raak ontslae daarvan.
As jy enigsins twyfel oor iets in jou woning, raak ontslae.
Vra my. Ek weet want ek is daardeur.
Dis nie iets wat jy sommer afskud nie.
Dankie Heer vir U vrede wat ek nou in my gemoed ervaar. Bowenal Here, vir U ondeurgrondelike groot genade wat my nou staande hou en dra.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wierook
Dankie vir die stukkie inligting Jan. Toom stel dit vir my baie goed. Dit hoef nie noodwendig die wierrook stokkie te wees nie, dit kan iets anders wees in ons lewens. Henkst weer het 'n punt daar beet. Feit van die saak is, maak skoon wat verkeerd is in jou lewe, maak jou hart oop vir die Here, gooi die lelike in jou lewe weg, aanvaar die goeie.

Ons het eintlik meer dinge uit hierdie stukkie van jou geleer as wat jy sal kan glo Jan. Weereens baie dankie.
4 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud


Wierook
Dankie vir die deel van hierdie rubriek Jan..
4 jaar 2 maande 3 weke 4 dae oud


Wierook
Geloof of bygeloof?
Die oorspronklike betekenis van die woord wierook is "wyrook" (soos in gewyde rook). Wierook word meer as 'n honderd keer in die Bybel vermeld, vanaf die boek Eksodus in die Ou Testament, tot en met Openbaring, en dit is een van die persente wat vir God aanvaarbaar is (Eksodus 25:1-8).
4 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud


Wierook . . .
my aarde . . . dis nou interessant. (Ek hou NIKS van daai reuk nie, dit maak my naar.)
4 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


wierook stokkies
Dankie vir hierdie leersame bydrae Jan. Ek dink elke Christen gelowige moet kennis neem hiervan
4 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


Ervaring
Ervaring is die beste leermeester.
As ek deur ander se ervaring kan leer - omso gunstiger!
(Let wel, dit gaan nie hier net om geurige stokkies nie.
Dis slegs 'n simptoom van wat daaragter steek.)
Dankie vir die lewensles.
GvT
c];o)
4 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar