Rubrieke

Titel: WINTER
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek beny Bere. Nie net is hul die inspirasie agter meeste kinders, en sommige volwassenes, se baken van veiligheid in die vorm van die teddiebeer nie, maar hul besit ook die vermoë om warm en snoesig toegevou, in hul donker grot in die yskoue van die winter, te hiberneer! Hoe heerlik sou dit nie gewees om as ons menslike wesens vir die duur van die winter, net daar in ons warm beddens onder al ons komberse, met ons teddies (sien wat ek bedoel) aan ons sy, ook so kon hiberneer nie! Ek weet nou nie wat dit aan die land se ekonomie óf my beursie sou doen nie, en miskien is dit ‘n ontmoontlike droom, maar dink net!
As kind kon ek nie verstaan waarom seisoene bestaan of nodig is nie, en in my kinderlike verbeeldingstogte, het ek ‘n perfekte wêreld opgetower waar net somers bestaan, of miskien met ‘n bietjie lente hier en daar ook tussenin! Want aai, Lentedag was seker die lekkerste dag van die jaar op ‘n kind se skoolkalender! ‘n Dag waar jy van jou aaklige winterskooluniform kon ontslae raak en by die skool kon opdaag met koeler, mooier en baie beblomde tuisdrag. Soos ‘n tipe bevryding en vernuwing. Of is dit net ek wat so voel? Ek twyfel, want ek kan nie glo dat enige mens winter as hul gunsteling seisoen sal uitsonder nie. Of dalk is daar tog mense oorsee wat winter geniet aangesien hul kerstyd midde in die winter val, en waar hul al singende van “n droom oor ‘n wit kersfees” en met egte sneeu én sneeumanne, hul winter kan deursien..
Punt is, ek kan die dinge van winter waarvan ek wél hou, op een hand tel. Nommer een is definitief lepellê met my Manlief (jammer teddie!). En tweedens winterstewels. Ek is mal oor die nuuste modes waarin ek my koue tone kan wegsteek (ek het vreeslike koue voete)! Maar ongelukkig het die drie ander dinge alles te doen met kos en winterdrankies (kerriehoender, groentesop en Milo) En ongelukkig los dié drie dinge vir jou herrinneringe van die winterkoue nog vér in die die lente en somermaande in… In die vorm van winter-vetrolle!! Is dit nie straf genoeg dat jy die hele winter moet sukkel met droë gebarste hakskene, griep én ‘n tekort aan warm kouse nie, nee, die winter moet hul vetrol-letsel ook nog op jou lyf agterlaat!!
Dus, vir my is winter niks anders as ‘n vreeslike straf nie. ‘n Straf waarvan ek die drie of vier maande van onwens!
Maar dit laat my ook met een vraag; hoekom is bere dan so vet? Maak hul dalk in die somermaande op vir al die lekker eet van winter waarop hul uitgemis het? Of is hul maar net van nature so gebou ? Ek hoop werlik so, want anders laat winter ook hul vetrol-letsel op die niksvermoedende hibernerende beer! Wat dan ook sal beteken dat geen lewende wese die nagevolge van winter ooit kan vryspring nie!
Miskien is ék as menslike wese tog vasgevang in ‘n tipe van hibernasie. In die winter wil en kan ek net mooi niks doen, dis net te koud. Ek wil nie gaan gym nie want hoe koud voel die gym-toerusting tog nie in die winter nie, so die winter vetrol-letsels bly…. En ja, miskien maak ek verskonings op, maar ek kry net te koud! En miskien is die niks doen van my, my vorm van hibernasie, en miskien is ek die Beer!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar