Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Leuens? Natuurlik, dit is ons forte! Die sekretaresse word beveel: “Juffrou as meneer so en so bel, sê vir hom ek is in ‘n vergadering” ‘n Mens kan mos nou nie dat die stomme kind sê: “Meneer my baas is hardlywig en sit al vir ‘n uur en ‘n half beurend op die wit troon nie”! Kindertjies word ook beveel om nie uit die huis te praat nie. Hulle word van kleins af geleer dat daar iets soos ‘n “wit leuentjie” is. Nou waar trek ‘n mens die streep?

‘n Vrou is nie ‘n bietjie swanger nie, sy is swanger en basta. ‘n Leuen hetsy dit wit of reënboogkleurig geborduur is, bly ‘n leuen. Ons moet maar ogies toemaak en om verskoning vra.

‘n Mens sal darem nou nie willens en wetens iemand se intelligensie onderskat nie maar as daar so ‘n bietjie jakkalsdraaie met die waarheid gegooi moet word, is dit ‘n feit dat die meeste van ons skuldig is. Die woordkeuse-kwassie moet soms inspan word om die waarheid bietjie toe te verf – pyn te verdof, vernaamlik as dit by kinders, ouer of siek mense kom. O ja, en SARS moet nie vergeet word nie!

Uit die slaapkamer word daar liefs nie eerlik gepraat nie, netnou hoor die buurman van die kapperjolle agter geslote deure of dalkies van die tekort daarvan en kom dit by verkeerde ore uit. Dan sal dominee Sondag vir Sondag dieselfde preek moet herhaal. “Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie” Met watter waarheid gaan hy dan herhaling van sy preek verduidelik? Meeste manne het aangeleer om maar terwille van terwille, onderlangs in ‘n koor te brom oor die koue vroue, dankbaar dat die ou leuentjie sy ego beskerm en sy viriliteit nie dalk onder die loep kom nie. Van onderlangs na iets ouliks loer, weet hy ook mos net mooi niks!

Vir vrouens is die wit leuentjies meesal deel van vrederegter speel. Hulle spesialiseer daarin om die kinders se basse van loesings te red. Voorspraak te maak, redes te gee of verskonings aan te bied. Moeders keer mos maar instinktief as dit by hulle spruite kom. Die soms impulsiewe aankope van “dringende noodsaaklikheid” wat die begroting nadelig kan beïnvloed, kan ook as “winskopie van die jaar” geregverdig word. Bedoel darem, wil nou nie afsteek teen daardie merrie wat met haar lang wimpers so onderlangs na jou man staar nie. Daar is ‘n legio redes waarom die waarheid so effe agteroor gebuig word solank dit net nie die kameel se rug breek nie.

Blatante leuens wat daarop gemik is om skade te berokken, afbrekend, intimiderende of diskriminerend is, is onaanvaarbaar. Dit is niemand se maat om die fyn skeidslyn tussen waarheid en leuens te handhaaf nie, dit is per slot van sake ‘n wêreld van …….. die sterkste oorleef!

Om dus ‘n leuen te vertel en te sê jy het nog nooit ‘n leuen vertel nie, is om propers te lieg!






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Ja lieg bky lieg al word die waarheid net effens skuins gepraat.
6 jaar 9 maande 11 ure oud


onmoontlik


. . . . dit is onmoontlik vir mense om die waarheid te praat.
7 jaar 9 maande 5 ure oud


Leuens
Hier het jy nou die waarheid oor die leuen vertel. Goed geskryf...ek het lekker gelees
7 jaar 9 maande 5 ure oud


Waarheid !
Lekker skryf werk.
7 jaar 9 maande 1 dag 2 ure oud


Aitsa
hier praat jy mos nou die reine waarheid.
7 jaar 9 maande 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar