Rubrieke

Titel: Witgoud
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die ouman skreeu paniekerig vir my daar uit die kleinste kamertjie in die huis en ek besef …..ons is uit witgoud uit. Ek het vergeet om te koop. Nee vergeet is as jy regtig vergeet het. Ek het voor die goed drie dae terug gestaan en gekyk na die prys op die pak, gekkige R41.99 vir tien rolletjies. Waar is die dae wat dieselfde pak so vyftien rand sou kos. Ek dink ek begin die resessie ding so bietjie verstaan.
Daar is nie 'n manier nie, ek weier, en dan is dit nou nie eens die een met die hondjie prentjies op nie. Wat die verskil kan wees sal ek nou nie weet nie, die hondjies lyk nie te waffers as hulle daar onder gebruik lê nie. Maar nou ja dit is maandagaand en hier is nie toiletpapier in die huis nie. Twee rolletjies gaan ook nie ver nie, dink ek verontaardig. Ek pluk angstig die laai in die kombuis oop waar al die ekstra servette van die wegneem etes gebêre word….leeg.
Ek in die moeilikheid en wederhelf nog erger. Dis nie dat ek nie wil koop nie, dis net dat ek nie wil die prys betaal nie . Mens ruk dit dan deur jou gat…ek nie suinig nie maar daardie prys. Die dat ek toe net twee rolletjies in die mandjie gegooi het. Ek sal by die groot supermark gaan soek vir 'n beter prys of so was die gedagte drie dae terug.
Nou moet ek beken, “shopping” een van my slegste eienskappe. Ek haat “ shopping” so die Griek op die hoek met sy “Friendly” winkel sien my maar daagliks vir die nodige, na werk. Maar ek weier om daardie prys vir sy toiletpapier te betaal. En hier soek ek maandagnag na sagte hulp.
Gangkas toe, iewers moet iets, en ek het my hoop op iets, wees. Ek krap rond en waarlik daar kom ek op 'n pak servette af. Groen, bottelgroen en ek proe die oorwinning. Die pak het van laas jaar af bo in die kas gelê, dit was vir die kersfees ete gekoop. Dankie tog prewel ek en te bly ek hoef nie na die naaste “One Stop” te ry in hierdie koue wintersnag nie. Mos my skuld en pa sit vasgevang op sy papierloos troon.
Ek druk die pak servette so ewe deur die deur met ‘n “dê” en loop selfvoldaan terug sitkamer toe. Sal maar more ‘n plan moet maak en sommer ‘n groot pak toiletpapier koop, sommer agt en veetig. Die volgende oomblik hoor ek ‘n groot gelag uit die troonkamer kom.
« Nou wat de joos » wonder ek……
Servet in die hand kom hy die sitkamer in. Die prys was op die servette en een servet kos amper wat 'n rolletjie kos, word ek vertel. Ek voel hoe die ongemak opstoot want ek voel alreeds sleg. Nie die beste huisvrou ek nie , maar moet hy dit nou so invryf.
Ek maak nog verskoning toe bars hy verder uit van die lag. Dis nie wat my pla nie antwoord hy, maar wil net weet of het ek al kersvader se gesig so deur my agterstewe gesleep.
Dan kla ek oor die hondjie prenjies oppi witgoud.
Naskrif : Ek het vanaand alweer net twee rolletjies gekoop. Sal moet 'n draai by die grootter winkel gaan maak, ek dink die ander pak servette het “feetjies” op.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Simpatie met kersvader! My man het my uit die klein kamertjie gebel op die selfoon oor dieselfde nood! Whahaha!
10 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 6 ure oud


3e
my chokie selde moeilikhyd hier ge haad. mans benoodig mos net een rol per kwartaal. maar laat n' klomp vriendine nou kom kuier dan stuur jy jonsa met die bakie dorp toe al teen satirdag midag as hul deer jou jaar se vooraad is. handoekrol het ook nie goed afgegaan nie. komentaar soos geen wonder jy is nog enkil uitgelok.
10 jaar 6 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


Gelukkig het die bottelgroen servette nie gevlek ook nog nie, of het dit?
10 jaar 7 maande 1 week 2 dae 18 ure oud


He he he! Lekker lag ek nou! Het die ene nodig gehad... Maar ek stem saam. Die witgoud is deesdae duurder as koekmeel!
10 jaar 7 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Ammussant en intressant.
10 jaar 7 maande 1 week 5 dae 17 ure oud


Lekker gegiggel vir jou vertelling. Ek sug ook as ek die prys sien en selfs in die 'groter' winkels moet mens tannekners en betaal, ander is dit kersvader en sy trawante, ten duurste.
10 jaar 7 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


Slaan munt uit die gebruik - vou een blokkie dubbeld en dan weer dubbeld, skeur dan die hoekie af, vou oop en is reg vir gebruik. Dit sal dit prys wat jy moet betaal baie minder laat voel. Lekker gelag.
10 jaar 7 maande 1 week 6 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar