Rubrieke

Titel: Woensdag.
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek maak die venster wawyd oop.  ‘n Koel luggie klim in en stoot die binnegordyn saggies opsy.

Dis voor ses. Die duiwe begin gesels. Reën val teen die ruite, op die dak, op die somertuin.
 
Ek hoor ‘n kar wat wegtrek in die verte. Vandag kom Maree haar skildery haal. Ek sien uit daarna.
 
Sy’s ‘n lekker mens om te ken. Altyd positief en kreatief.
 
Ek onthou nog so goed wat my Ma altyd gesê het:   “Moenie dat ek eendag ‘n ou klakous word nie! “


Ons het nie nodig gehad om te keer nie. Sy was die blymoedigheid vanself.

Nou reën dit harder, ’n sopnat stroompie op die plaveisel.

Ek staan op en kyk uit na waar Woensdag nog besig is om gebore te word.
 
Ek trek my longe vol vars lug. Die icebergs blom wit langs die paadjie. Ek ruik die wilde knoffel.
 
My ma se groot ou akkerboom staan stewig voor ons huis. Die blare blink in die reën.

Vandag sàl mooi wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wonderlike gevoel wat jy hier skep! Besonders mooi>>
7 jaar 6 maande 4 dae 23 ure oud


Carpe Diem! Maar, soos Woensdag is dit reeds gese...
7 jaar 6 maande 1 week 17 ure oud


Sussa ek het dit so geniet om die te lees....baie goed geskryf.....
7 jaar 6 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


So mooi vol verwagting en vreugde. Pragtig!
7 jaar 6 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Woensdag
Weet jy, ek visualiseer jou as 'n positiewe mens met 'n lieflike, skoon innerlike, want jy kan met jou woorde soos 'n vars lentebriesie deur mens waai. Jy vat ook sommer alle spinnerakke en stof met jou saam, maak alles nuut en mooi! Baie dankie vir die "spirit lift"!
7 jaar 6 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Woensdag
Mooi geskryf!
7 jaar 6 maande 1 week 4 dae oud


Lieflik vars! "Jy's 'n lekker mens om te ken, altyd positief en kreatief..." daarom, "sál vandag mooi wees" - soos jy! XX
7 jaar 6 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Geniet jou mooi dag! Vars woorde met 'n fris gedig!
7 jaar 6 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


Dat mens 'n spesifieke oggend se beelde daar by jou so in Afrikaans kan vries dat almal dit met jou kan deel... dit kos om te kan skryf.

7 jaar 6 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


As mens die dag met so positiewe stemming binnegaan, hoe dan anders? Vandag moet mooi wees.
7 jaar 6 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


En Wie moet ons daarvoor bedank.... dankie Sussa dat jy deel - vrolike dag vir jou.
7 jaar 6 maande 1 week 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar