Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Statig vaar hul uit die baai,
swaar met proviand gelaai.
Met kaart, kompas en sekstant
bring kaptein Willem sy kant.
Op dek en aan die takelwerk
is manne, bruin gebrand en sterk
Elk besig met sy dag se taak
om die reis ‘n sukses te maak.
Godiva staan voor by die boeg
en kyk hoe hul deur die water ploeg.
Verlangend tuur sy oor die spriet
met bietjie verlang en bietjie verdriet.
Haar haremantel wapper en slier.
Sy soek nog van haar vriende hier.
Johanna van Ark sê sy wil weet
wat hulle die aand gaan eet.
Oor die vrugte en groente is sy bly
want dan sal hul nie skeerbuik kry.

Iemand uit die kraaines skree:
“Ek sien iets dryf daar op die see!”
Almal op die skip vang gees
en wonder wat die ding kan wees.
Met verkyker voor sy regteroog
sê Willem:”Die deining is te hoog
dat ek kan sien wat ons gaan kry.
Ek’s boonop bang vir seerowery!”
Oor die hoë deinings, steil
moet die dapper helde seil.
Die vreemde ding tegemoet…
Gaan hul met hul lewens boet?
Die ou bo uit die kraaines spot:
“Ontspan! Dit is maar net ‘n vlot
met ‘n vuil verbrande drenkeling.
Hier sal hy sy kant moet bring
Of anders los ons hom net daar
Om sy eie koers te vaar.”
“Bepaal jou by jou eie deug!
Een meer siel is een meer vreug!”
Antwoord Johanna op haar perd:
“Dalk is hy meer as jy werd.”
Dis Sheena wat hul tot bedaring bring:
“bepaal jul by die drenkeling.”
Met niks om teen die son te skuil
Is die vreemdeling verbrand en vuil.
“Wie kan vir hom Lip-Ice gee
om sy lippe te smeer daarmee?”
Hulle lig hom oor tot op die dek
en daar bly lê hy op die plek.
Sheena staan terug en dink:
“ Sies, maar hy is vuil en stink!”
“Voor ons verder aan hom vat,
gee die arme ding ‘n bad!”
Willem buk af na die man:
“Dag neef, hoe voer jy die van?”
“Flater.” sê die man gedwee.
“Sal jy my bietjie water gee?”
“Water vir drink en ook vir was,
Toe, gaan maak nou skoon jou bas.”

Toe Flater weer te voorskyn kom
staan die hele lot verstom.
Verbasend die verandering
wat bietjie seep aan hom kon bring.
“O K almal, kom sit hier!
Ons het weer iets om te vier!
Ons drink iets op ons nuwe mater.
Op jou gesondheid, Cheers ou Flater!
Sit hard die musiek, skoene uit.
Wie sit soos ‘n uil op ‘n kluit?
Ons dans en swaai en maak lawaai.
Dis tiekiedraai tot hanekraai.
Gou is almal lekker luimig.
Erger as die see onstuimig.
Eenkant sit ‘n albatros
en bedel vir ‘n bietjie kos.
Dalk moet ons ‘n hoender braai.
Willem, waar’s jou papagaai?
Flater raak gou lekker laf.
Onthou net, sy gestel is af.
Sy oë trek nou soos hy probeer kyk
hoe Godiva agter haar hare lyk,
Maar Johanna sê:”Hiert, hou jou in!
Gedra jou goed, my gedult is min.”
“Die wind is stil, die see gekalmeer”
Sê Willem deur die walms deur.
“Dis tyd dat almal rustig raak.
Kyk, selfs die meeue is al vaak.”
En dis net daar wat ek besluit…
Fluit fluit fluit, my storie is uit.
Die ander lede kan vertel
van Flater, hulle nuwe pel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Welkom Flater!!!
Nes ek dink jy kan nie nog iets mooier optower uit daai skrywershart van jou, kom jy en skryf 'n stuk soos die een. Ek sukkel nog om my mond toe te kry...kan nog steeds nie glo hoe jy met woorde kan speel nie. My respek en bewondering vir jou as skrywer groei net groter en groter elke keer wat ek iets van jou lees! Anyway, baie welkom in ons midde Flater, mag ons nog ver vaar op die bloue water!!! Groete, Sheena
13 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


Welkom ou Flater !!
Gegroet is jy en boonop welkom !!
Jou skrywe is BRILJANT -
Dit doen die storie sommer goed,
Dat'n dren'ling ook 'n plek
hier op ons skuit kon kry ...
Ek sien hier is nog lank te skrywe.
Aan die vaart oor komend weke,
En Kapt. Willem het gelukkig nou sy mater.
en hopelik is jy veilig uit die stormwater.
Johanna v Ark
13 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar