Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Nuus dat Woes sy deure gaan sluit, is sekerlik 'n skok vir een en elke Woeslid. In Woes se veertien jaar is talle nuwe talent ontdek, vriendskappe gesluit en skrywersvriende gemaak.

Woes was in werklikheid een groot familie en alhoewel dinge meeste van die tyd glad verloop het, was daar, soos in enige familie, 'n paar kopstampe en stukkies grondpad. Maar, ons het die drama self uitsorteer en aangegaan. Die mooiste kenmerk van die Woesfamilie, is sekerlik die opbouende kommentare, raad en voorstelle wat lede by mekaar se werke gelaat het.

Hier wil ek spesifieke melding maak van die uiters suksesvolle Woes Skryf Woes 2015 projek, wat talle nuut gepubliseerde skrywers en digters opgelewer het. Mag almal van krag tot krag gaan!

Willem, baie dankie dat jy Woes geskep het en sodoende 'n plek vir ons almal te bied om as skrywers en digters meer te leer, ander skrywers te ontmoet en ook om ons talente verder te ontwikkel.

Dan wil ek vir Mandie en Werner, ons tegniese span, bedank vir hul harde werk en bereidwilligheid om tegniese probleme spoedig en kundig uit te sorteer. Ook vir Lynette (Kiekies) wat soveel bygedra het tot die WSW 2015 projek. Anze, baie dankie vir jou harde werk om 'n sukses te maak van die Projekte en digbundels.

'n Ongelooflike groot dankie aan elke persoon wat deur die jare op welke wyse ookal bygedra het om Woes spesiaal te maak. Ek haal my hoed af vir julle.

Baie dankie,
Carol Williams
Woes Kreatiewe Bestuurder



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

4 jaar 9 maande 3 dae 3 ure
Van my ook, hartlike dank aan al die nie-namentlik-genoemde mense in die agtergrond wat die tegniese sy van die operasie opreg gehou het. Ook op díe gebied het woes vorentoegebeur: Toe ek kom aansluit, was die name van sommige stukke ontstel omdat die masjien nie leestekens kon druk nie -- toe het heelwat awontuurlike woorde tot stand gekom. Sou ek 'n vraag hê (ek's mos die ou met die twee linkerduime), is dit gou en vriendelik behandel. Dankie dus aan al die enkelinge die agter ,Mandie' ,Ondersteuning' en ander werkgroepe staan!

Aan Willem en sy span in die redaksie: Dankie vir die geleentheid om
my self vir myself te bewys. Ook aan bendelede maar ook buitestaanders wat dog ou Toom se dinge gelees het!

'n Laaste vragie uit interesse:
Is dit moontlk om te sê, juis hoeveel mense oor die jare aan woes deelgeneem het? So, groottotaal, insluitende gestorwenes, hulle wat uitgetree het, geskors is,... almal?

Ek het interesse om in kontak te bly, ook met enkelinge op persoonlike basis. thomas.egerton@web.de
Groetnis vanToom
1 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud


Dankie
Dankie Carol vir die tydjie wat ek met julle kon deel, al was ek vir die laaste ruk nie meer aktief betrokke (werksdruk) nie het ek nogtans aanhou skryf. Intussen het ek my eie boek gedruk. Sterkte vorentoe. Groete. Kobie Rossouw (kobie@squidart.co.za)
1 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


Afskeid
Dit is nou regtig hartseer nuus. Ek kon glo wat ek lees nie, ek gaan dit beslis mis.
1 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


Lid vir 8 jaar 3 maande 1 dag 10 ure
Ja, en ek sou nooit ernstig begin skryf het (nee, ek het ek nog nie 'n boek op die rakke nie ;)), as dit nie was daarvoor dat my dogter my só lank gelede op Woes ingeteken het nie!

Ek sê uit my hart uit dankie aan WOES, Willem, Carol, Kiekies (Lynette) en Anze. Ook aan die onbekende beoordelaar wat my skryfwerk beoordeel het (goed, middelmatig of negatief)! Uit alles het ek geleer en gegroei. Ook wanneer daar klippe in my pad gerol het.

Dankie vir al die bydraers wat my ure se leesgenot uit die boonste rakke van Afrikaans besorg het.

Soos Maria in "The Sound Of Music", sê ek ook: "When God closes a door, He will open a window."

Mag julle geseënd wees!
1 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


Woes neem afskeid: 14 Februarie 2016
My agende was die afgelope tyd druk besig en kon nie so gereeld hieruit kom nie. Dankie dat ons paaie kon gekruis het, dit was en sal steeds 'n riem onder die hart bly om hier vir 'n wyle te kon vertoef het. Sterkte aan iedereen.

My e-boks is; vanzylarnold@gmail.com
1 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


Die Goeie Nuus

Ek en Carol Williams beplan, in ons private hoedanigheid, 'n een-stop webwerf waar ons gereeld opwindende skryfprojekte wil loods met die doel om skrywers die geleentheid te gee om met hulle talente te woeker.

Dit sal ook 'n een-stop webwerf wees waar skrywers sakpas skryfdienste kan bekom.

As jy graag op hoogte gehou wil word van wanneer ons webwerf aktief gaan, laat hoor gerus ook van jou by author@truewan.co.za
-------------------------------------------------------------
My skryfwortels lê diep geanker op Woes.

Dankie aan Willem Gous, Carol Williams (KB), Anze, Kiekies en die res van die span vir die voorreg om vir baie jare deel van die Woesgemeenskap te kon wees - mag julle toekoms blink wees!

Dankie ook aan elke woesteling wat my pad gekruis het - moet nooit ophou skryf nie!Glo in julle skryfdrome en maak dit waar!
1 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


TK
Kontakbesonderhede
Dit sal gaaf wees. Ek gaan my woesteling familie mis. Ieder en 'n elk van julle is welkom om my 'n e-pos te stuur op kobapmb@gmail.com. Vir die wat nog nie weet nie, die TK staan vir Tannie Koba
1 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


Kontakbesonderhede
Louise Viljoen en ek beplan om 'n Afrikaanse webwerf te begin wat spesifiek op skrywers en digters gerig is wat wil publiseer. Dit sluit in redigering, manuskripbegeleiding, bemarking, e-boeke en meer.

Laat asb jou epos adres hier indien jy wil he ons moet jou kontak sodra die webwerf aktief is.

Baie dankie :))
1 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar