Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek hoop almal is hard aand die skryf en dig. Kort voor lank is die tyd om en dan word jou boek of bundel publiseer. Intussen word ons beter met wat ons doen en gelukkig het ons vir die alombekende Stephen King om ons 'n paar wenke te gee.


WENK 17:

“There are lots of would-be censors out there, and although they may have different agendas, they all want basically the same thing: for you to see the world they see … or to at least shut up about what you do see that’s different. They are the agents of the status quo.”


Kritici kan ‘n groot invloed op skrywers uitoefen. Negatiewe kritiek is nie van veel waarde as dit nie ‘n alternatief stel of voorstelle ter verbetering bied nie. Die ergste is egter dat nydige kritiek ‘n uitwerking op ‘n skrywer se volgende werk mag hê, selfs al probeer hy of sy dit ignoreer. Die meeste skrywers sal van daar af, wanneer hulle skryf, heeltyd daarop konsentreer om so te skryf dat sulke negatiewe kritiek nie weer gebied word nie.

Stephen King bied twee opsies aan:

1      Bly stil en bêre jou kosbare en unike werk in ‘n kas waar dit stof opgaar.

2      Baklei terug – nie deur die kritici te kritiseer nie – eerder om te besef dat jy en jou skryfwerk uniek is en nie die goedkeuring van die kritikus nodig het nie.

Dit kom basies neer op ‘n veg of vlug reaksie. So, doen jou ding en skryf voort op jou eie unieke manier!




WENK 18:

“Try any goddam thing you like, no matter how boringly normal or outrageous. If it works, fine. If it doesn’t, toss it.”


Hoe weet jy wanneer jy jou eie, unieke skryfstyl gevind het?

Jy weet nie. Altans, nie aan die begin nie.

Eksperimenteer met verskillende style totdat jy jou individuele niche vind. Van hierdie werk kan briljant wees – behou die goeie. Op ‘n ander dag probeer jy miskien iets wat glad nie werk nie. As dit nie werk nie, delete dit en probeer iets anders.

Jy gee van jouself wanneer jy skryf of dig. Voel tuis met wat jy doen en die gehalte van jou werk sal die hoogtes inskiet.


Kiekies sal Maandag ons laaste twee Stephen King wenke plaas. Laat weet haar of my asb indien julle enige spesifieke vrae rondom skryf het. Ons sal die inligting gaan navors en dan aanbied soos hierdie 20 wenke.

Lekker skryf!
Carol



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

WsW
Dankie hiervoor :)
5 jaar 1 maand 4 dae 12 ure oud


Wenke
Baie dankie vir die bederf!
5 jaar 1 maand 5 dae 15 ure oud


Uniek
Dankie weer eens vir die baie goeie raad.

Gesonde kritiek kan baie opbouend wees en is nodig. Maar deur dit alles moet 'n skrywer getrou bly aan haar of homself. Want soos reeds geopper,ons is elkeen uniek en het inderwaarheid ons eie skrywerstyl.
5 jaar 1 maand 5 dae 17 ure oud


Wenke
Dankie vir die goeie wenke.
Ek vind wat my soms verhinder om 'n verhaal te voltooi is daai immerteenwoordige innerlike stemmetjie wat heeltyd bly koggel: "Jis, maar dis 'n bol tjol wat jy hier griffel!" Ai...
5 jaar 1 maand 6 dae 14 ure oud


Hmmmmm
Dis goeie raad. Mens moet kritiek tot jou voordeel gebruik. Ek dink as jy wonder, plaas dit. Miskien sien iemand anders dit raak waarna jy soek. (Veral in gedigte.)
Hier op woes is die lesers (meestal) nie nydig nie, so die raad en kritiek word goed bedoel. Ek plaas dikwels gedigte wat ek weet nie presies is soos wat ek hulle sou wou gehad het nie, maar juis omdat ek weet daar is ander digters wat my dalk 'n idee kan gee. Mens hoef nie alle voorstelle presies so te implementeer nie, maar meestal ruk die kritiek jou uit jou gewone denkpaadjie en sien jy ander moontlikhede uit 'n ander perspektief.
(Dis wat ek dink.)
Ek timmer graag aan iets na ek dit geplaas het. Dit is volgens my juis die funksie van woes, om mekaar raad te gee en van ander iets te leer. Met 'n storie is dit seker bietjie anders. Sorg net dat dit ten minste taalkundig versorg is wanneer jy dit die eerste keer plaas.
5 jaar 1 maand 1 week 6 ure oud


(17) & (18)
Kom ons sit die bal aan die rol dat ons sien wat kom hier uit.
5 jaar 1 maand 1 week 6 ure oud


Viooltjie en Arnold
Ek dink ons kan besprekings hou spesifiek oor jul kommentaar. Dis waardevolle punte wat julle maak en dit sal miskien goed wees as ons die kwessies in 'n Rubriek omskryf en dan die bespreking oopstel.Ons behoort dan die pro's en cons deeglik te kan opweeg.Reg so? :))
5 jaar 1 maand 1 week 7 ure oud


(17) & (18)

"As dit nie werk nie, delete dit en probeer iets anders."

Wat ek wel wil sê, ek sal dit nooit delete nie, want die spesifieke werk is nie reg op daardie tyd en stadium nie. Elkeen moet die mark lees om die lesers behoefte te bepaal vir daardie tydvak.
5 jaar 1 maand 1 week 11 ure oud


*
Baie dankie! Ek waardeer hierdie wenke baie!
5 jaar 1 maand 1 week 11 ure oud


dankie
Goeie raad hierdie, veral dat mens nie jou beste werk in 'n kas moet wegsteek omdat jy bang is vir kritiek nie. Hoe gemaak as mens onseker voel of 'n werk goed genoeg is of nie, moet ons dit maar plaas op Woes en kyk wat die reaksie is? Of moet jy nog daaraan skaaf en skaaf en dalk nooit klaarkom nie? :-)
5 jaar 1 maand 1 week 11 ure oud


17&18
KB, hier is nou waardevolle wenke en lesse vir beide skrywer en leser in hierdie bydrae:
1 As jy, liewe leser, kritiek lewer, moet jy ook 'n moontlike oplossing lewer. Of ten minste 'n goeie rede.
2 Vir die skrywer - soos die rooitaal sê- dis 'n geval van trial end error. Dit wat 'error' is moet dood eenvoudig uitgegooi word en vervang word.

Goei raad as jy my vra!
5 jaar 1 maand 1 week 12 ure oud


Wenke
Dankie Carol vir jou lees en omsit. Dis praktiese wenke waarop ons ag kan slaan.

Ja, ek dink dat ons eers lekker begin skryf sodra ons van onsself begin gee - dan geniet ons dit ook meer.
5 jaar 1 maand 1 week 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar