Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

     
      Woes, Worcester , woestersous ja, so het ek altyd as kind gese as iets woes gaan. Woestersous is hoe dit met my die laaste tyd gegaan het. Van die een trap van woes se vergelyking na die volgend en die volgende oortreffende trap van woestersous. Die rede is so gedeeltelik EK se eie skuld, want mens laai mos al meer dinge op EK se skouers, want jy voel te sleg om nee te se en dan land jy met die hele sak patats en ‘n klomp woestersous so reg binne in jou skoot. Sien dit gebeur eintlik so half ongemerk.

      So het die woestersous toe in my skoot geland.
      Eers laat weet die grootbase dat dit nou tyd geword het vir groot veranderings aan die fabriek en EK sal daaroor moet toesig hou. Dit moet nou ‘n plafon inkry om die gebou koel te hou op warem dae en warm te hou op koue dae en natuurlik nuwe beligting, want buisligte moet beskerm wees ingeval een bars. Daar is mense wat die vensters wat reg om die gebou loop moet vervang wat gekraak is en ander mense wat die vensters kom plak met ‘n spesiale film sodat as jy van buite wil inkyk sien jy net jouself. Dit lyk kompleet soos ‘n spiel waarin jy kyk. Nooit self daarin gekyk nie was te bang die ruite kraak weer. Die film hou ook die hitte en ergste son uit terwyl jy nog steeds van binne na buite kan sien. Dit het ook ‘n tweede doel en dit is dat ‘n ruit nie in stukkies en splinters sal breek. Dit is mos alles om dit Hassap goedgekeur te kry. Ek noem sommer die ding haas aap, want hulle maak so asof die haas wat baas is nou ‘n aap is en haas niks weet. Dan word daar nuwe toilette en ruskamer vir die werkers geskep, ‘n nuwe kantoor met ‘n boonste verdieping bo-op om materiale soos karton houers ens te stoor. Met al die bouery moet daar natuurlik alles geverf word en sal die kommin, nonkonpoop de luxe lappop van ‘n EK mens nou nie nog by dit alles en werkers wat in en uitgaan waaroor ek moet toesig hou nou nie besluit om die verfwerk self te doen. Geen mens kan dit mos presies, netjies en skoon doen soos EK, EK, EK nie. Dan is die EK ook nog besig om te trek na ‘n ander bietjie groter huis. Die probleem is die huis moet ook nog van binne geverf word en weereens kan niemand dit beter doen as EK die lappop nie, want EK wil he dit moet mooi wees vir ou Schatsie as ons intrek.

      Gelukkig het EK darem twee weke in die hospital op sy rug deurgebring en kon so bietjie tussen in met my woester vriende kommunikeer en so bietjie van my ou kommin kommetaar gee. Oor hulle pragtige skrywe werke. Daar was ook tussenin Professors, dokters, leerling dokter, verpleegsters en leerling verpleegsters wat goed ingedruk het in al wat ‘n gaatjie is en as daar nie ‘n gaatjie was waar hulle kon inloer met al wat ‘n toerusting wat tot hul beskikking was of op ‘n plek is waar hulle ‘n gaatjie wil he dan steek en steek hulle totdat hulle die regte plek kry om ‘n gaatjie te maak. Gelukkig is die liggaam al dood en voel nie meer die gestekery nie. Het gevoel EK kan my aan die Agrimark verkoop as ‘n gieter so vol gaatjies was ek gesteek en geprik en gepannelbeat en geduikklop in engels en in Afrikaans met hamertjies en dies meer. Nog net die brein wat darem somtyds nog lewendig is. Party ouens gaan skielik dood. Hulle gaan van bo af dood, maar EK gaan mos so half stadig van onder af dood. Dit is nou nie meer van die kondisie nie maar van die medikasie. Hulle het soveel x straal fotos en scans van my beendere, ingewandes en brein geneem dat ek sweer dis meer as wat ‘n fotgraaf van ‘n eersteklas Hollywood model neem. Dan met al die chemo het EK myself nou van volgende maand aan Eskom verhuur teen R40,000.00 per maand om energie te verskaf, want ek gloei nou in die donkerte. Ek verstaan hulle het nog steeds kragkrisse, want Zuma se stort het die kole nat gemaak.

      Die Goulash, kaboo mielies en afgewaterde watergekookte groente in die 5 ster het die uitwerking gehad dat EK mos nou pure bul is, want ek sweer daai vleis was ‘n ou bul wat hulle geslag het so taai is dit. EK het mos darem tyd genoeg gehad om al EK se braking en naarheid van die chemo af te skud en sien nou sommer kans vir alles tergelyk behalwe nog Goulash en kaboomielies. Gelukkig het ek nie vis daar gekry nie, want dit sou maar gesukkel het om agteruit stroom op te swem. Uiteindelik het ek darem uit die 5* ontsnap nadat ek die verpleegsters omgekoop het om die bewaarders se koffie te dope met slaapmiddels.

      Intussen het Oupie en Oumie nog die taak gehad om hul kleindogter van amper 3 jaar oor die langnaweek op te pas om die kinders ‘n lang verwagte blaaskansie te gee waar hulle hul brein kan gaan skoonmaak oor belangrike beroepsverskuiwings wat hulle moet doen. Wel dit was ook natuurlik bietjie medisyne vir Oupie en Oumie. Oupie was aanvanklik baie bekommerd en groot oe gemaak vir Oumie toe dit die dag baie warm was en sy vir Oupie nooi om ook onder die waaier te kom sit want, “Oupie dit is fuk warm en lekker koel onder die fan”. Oupie het later verstaan dit dit nie ‘n vloek was nie, maar wel bedoel was om vrek warm te wees wat bietjie skeef uitgekom het.

      Toe die orreliste ook nog kom en vra of EK nie weer die paasuitvoering voor is die kerk sal doen soos wat EK gewoonlik doen met die Kersspel en paasfees nie, het ek eerlikwaar net nie kans gesien nie en baaaaiiie sleg gevoel om nee te se. Maar ja, ek voel daar is mos darem ook die jonger geslag wat moet leer om die sort dinge te doen . Buitendien het die 5* nou ook vir my twee krukke gegee om beter oor die weg te kom. So nou is ek ‘n 4 X 4 model. Somtyds as dit goed gaan gebruik ek net een kruk dan is ek net op diflock.
     
      Sien EK het nog ‘n ander probleem ook. Dit is nou waar ons by die woes gedeelte kom. EK het ‘n klompie woes vriende en as hulle iets pragtigs op hul profielblad plaas stel hulle my daarvan in kennis en dan vrek EK om dit te gaan lees en tog my ou kommin kommetaartjie ook soos ‘n stuiwer in die armbeurs by te voeg.

      Woes is vir my amper soos ‘n spinnekop wat ‘n spinnerak weef. EK die spinnekop. Het jy al mooi gaan kyk hoe ‘n spinnerak van naderby lyk? Gaan kyk ook na die spinnerak as dit gedou het en die eerste ligstrale vang daardie doudruppels en gee ‘n skakering van reenboog kleure. Wel as jy nie het nie gaan doen dit dan sal jy presies sien hoe my brein werk. Sien ek span ‘n spinnerak in my brein en sit dit op wit en swart op woes. EK dink dan EK het ‘n pragtige interresante spinnerak geweef met my storie, gedig, artikel, rubriek of sommer gorrel. Dan sit en wag EK op prooi. Dis nou daai mense wat reageer en in my gedate rak vasvlieg en kommentaar lewer. Dit gee my dan die reenboog kleure waarvoor ek gewag het en spin ek dit diep in my hart toe en bewaar dit vir die wanneer ek honger word daarvoor. Somtyds vang ‘n ander woester my is sy spinnerak en weef my toe terwyl ek sy reenboogdruppels aanskou wat hy in sy spinnerak saam met my gevang het.

      Nou het ek gepraat oor die woestersous en oor die woester vriende, maar nou wonder julle seker waar kom die Worcester vandaan. Wel, die 9 April is ek weer op pad na my 5 ster hotel en dan moet ek weer die lang pad aandurf deur Worcester. Dit kan nog gaan, maar as ek daai stad vat en die taxis die druk jou van die pad af dan gaan ek van Worcester onmiddelik weer oor na worcetersous
     
      So ja vir my is ek net die spinnekop op die boerplaas wat baie goeie Woes spinnekop vriende gemaak het. Al verskil is dat op die plaas eet die wyfie spinnekoppe nie die mannetjies op nie. Ag hulle byt mekaar somtyds so bietjie maar tog niks ernstig nie. Gou word die verskille eenkant geskuif, want dit wat ons uit ons siel skryf is alles in belang van die beskerming en uitbouing van ons almal se geliefde taal, Afrikaans.
     
Ag en ooo jaaa. Amper het ek die belangriste van woes vergeet. Ek het gedog en ons almal weet wat gedog gemaak het. Ek het gedog ek sal nooit meer enige sertifikate ontvang behalwe die doodsertifikaat as die ou sensman my kom haal, maar raai wat? As jy jou steorie gedig of wat ookal op woes plaas en jy vang die regte vangs in jou spinnerak kry jy dalk nog 'n sertifikaat ook. Is dit nou nie 'n bonus nie? Veral vir ons ou kranklike en ouerige woesters.HA hA        
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Woes Worcester Woestersous
Dit was nou 'n lekker lees.

Mag die genade van onse Vader, jou aanraak met oorvloedige seëninge.
5 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud


Woes
Ai Schats ek het jou skrywe terdeë geniet. Jy het n manier om ernstige sake n lighartige twist te gee en ek is seker dis daardie sin van humor van jou wat jou staande hou in moeilike tye. Ek hoop jy raak sommer gou beter en dat sal aanhou om die woesters te vereer met jou skrywe. Dankie baie.
5 jaar 5 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar