Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar doen Woes Café dit weer..
Om die wêreld te trakteer.
Hierdie tyd, elke jaar
kom die gepeupel bymekaar.

Uit die middeleeuse tyd
nooi hul net die beste uit.
Jy mag dalk net kop verloor
as jy al die name hoor.

Daar kom vele uit die adelstand.
Konings en hul gades uit menig land.
Krone en septers, goud en swier,
Als op WOES, ja net hier!

Peter Pan en Robin Hood,
‘n nar of twee sê snaakse goed.
Notredam se boggelrug
en selfs ‘n geraamte uit die dode terug!

Adel, gepeupel en gespuis
kuier saam dat dit so druis.
Jan van Riebeeck was ook daar,
maar ek het nie sy skip gewaar.

Weet jul wie was ook nog daar?
Seerowers! Nogal ‘n klomp, sowaar!
‘n Muskeleeu en musketier
het ook die spulletjie kom vier.

‘n Monnik en ‘n non was daar,
nogal al te danig’ paar.
Atilla en Hagar, baie luid
Suip ‘n hele vaatjie uit.

Jean de Ark en Lancelot
Smee teen Macbeth ‘n boos komplot,
Maar die hekse was ook daar
Om die vrede te bewaar.

Ek het Humpty Dumpty ook bemerk,
aangetrek reg vir die kerk.
Baie van die oues is dalk uitgelos,
Maar Ceasar en Obelix, jul vergeef my mos.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Woeste Cafe
Hi Fikkels, Johanna van Ark is reg! Kom join ons, jou sitplek is leeg en hy roep jou. Ons wil ons geliefde Fikkels beter leer ken. Kom, ons skink solank vir jou 'n glasie...! Dankie vir die stukkie, soos altyd is dit PUIK geskryf!!! Sheena, Queen of the Jungle
13 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 6 ure oud


Oh MAN!
Fikkels!!! Wonderlik!!! Daar's nog plek aan die tafel...
13 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 6 ure oud


'n HELD ....
Fikkels - 'n wyse man daar uit die suide het die plesierigheid goed opgesom
Maar kom-kom -
Jou plek by die tafel is leeg
Kom sit hier langs Johanna van Ark -
Ek wil jou beter leer ken -
Baie dankie vir die pragtige Rooi Tulp
Maak 'n Vrou se hart sommer sag
Johanna v Ark
13 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar