Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Onlangs het ons ‘n heerlike funksie gehad.

Ons het by Wombles in Parkhurst gaan eet. Groot was my verrassing met ons aankoms. Wombles is ‘n steakhouse. Ek belowe dis nie sommer enige steakhouse nie. Dis larny! Spierwit tafellinne. Geen papierservet in sig nie. Ordentlike eetgerei en kelners wat weet hoe om hul gaste gelukkig te hou. Dit was ‘n besonderse ervaring, van die servet wat deur die kelner op jou skoot geplaas word tot die heerlikste Crème Brul wat ek nog geëet het. Dit was regtig ‘n fees en aangename tyd wat ons daar spandeer het.

‘n Mens sou dink dat niks die ervaring kan afbreek nie. Maar nou ja, so is daar altyd iIetsie (maak nie saak hoe klein) wat die ervaring altyd so effense donker rantjie gee.

Ons jonger geslag het iewers in hul opvoeding die etiket-ding gemis. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, net soos tradisie moet etiket ook van tyd-tot-tyd afgestof en verander word, maar goeie maniere bly goeie maniere en baie mooi.

Een van my jonger kollegas het sy kos rustig klaar geëet en sy mes en vurk soos gebruikte tandestokkies oor sy bord gestrooi. Die arme kelner moes ‘n paar keer mooi kyk voor hy maar besluit het dat hy maar sal vra of hy die bord kan wegneem. Dit is mos net goeie maniere om jou mes en vurk rustig langs mekaar op jou bord neer te sit as jy klaar geëet het. Dis ‘n teken dat jy voldaan is en die bord weggeneem kan word. So onthou ek dat ek verlede jaar dieselfde opgelet het en toe grappenderwys vir my kollegas gesê het hoe dit gedoen behoort te word. Lyk nie of dit regtig enige indruk gemaak het nie.

Nog ‘n goeie stukkie etiket wat in die slag gebly het by ons jongmense is dat ‘n mens wag totdat almal hulle kos ontvang het voor jy begin eet. Genade so sit ek nog en wag vir almal om nagereg te kry toe is die jonges al so te sê klaar met hulle nagereg. Dit lyk darem baie sleg – so gulsig asof jy niks gewoond is nie. Om nie te praat van hoe dit die ander laat voel nie – moet jaag om myne te eet want die ander is klaar!

Miskien is ek maar net uit die oude doos. Moet eerlik wees ek is eerder uit die oude doos en het goeie maniere as wat ek ongeskik voorkom want ek weet nie van beter nie. Nataniël sal die piep kry as hy sien hoe ons jongmense deur die lewe gaan. Goeie maniere is beslis nie deel van hulle opvoeding nie.

Die ding is, goeie maniere is vir my ‘n teken van selfrespek en selfeer. Daar staan mos geskrywe, doen aan ander soos wat jy aan jouself gedoen wil hê. En dit begin by goeie maniere – en as jy nie weet nie, maak seker dat jy vinnig leer. Ons het almal toegang tot die Internet – lees, luister en leer. Maak dit deel van jou alledaagse lewe en almal se lewens sal net soveel beter wees as gevolg daarvan.

©Naomi Smit



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Etiket
groot waarheid hier vasgepen!! ek ditto vir Anno
4 jaar 2 maande 2 dae 2 ure oud


Ano
Etiket
Mmm, en ek wonder wie hierdie jonge bloedjies maniere leer. Apie sien, apie doen... Dus, dan kyk ons mos nou na die ouers, of hoe? :-)))
4 jaar 2 maande 2 dae 4 ure oud


Wombles, Maniere en Etiket
Inderdaad net so.
4 jaar 2 maande 3 dae 1 uur oud


maniere
Naomi nou roer jy 'n teerpunt aan. Veral die jonger geslag is skuldig hieraan, maar dan weereens val die appel nie ver van die boom en dis hartverskeurend hoe min volwassenes deesdae maniere ken en toepas. As mens net luister na die aanspreekvorm van kinders teenoor ouers, dan vra mens waar het dit verkeerd gegaan? Baie goed gepen.
4 jaar 2 maande 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar