Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kadoef! Daar val die kruis beeldjie wat ek by die werk teen my venterbank gesit het met prestik.

Die een dwarsbalkie se punt gebreek! Ek is sommer omgekrap. Nou is my geskenkie verinneweer!

Ek hou die gebroke kruis in my hand vas. En dan kom die wete Here ons is ook so van breekbare klei gemaak. En soos hierdie gebroke kruis is U vir ons gebreek.

Die Here fluister toe sag in my oor: Dit is die dwarsbalkie wat gebreek het. Die balk wat die verhoudings tussen mense voorstel. Die regop balkie is verhouding tussen My en jou. Dit is jou eie keuse of jy jou wil beskikbaar stel om daardie verhoudinge ook te herstel.

Net daar gaan haal ek 'n buisie wondergom en plak ek suksesvol die dwarsbalkie vas sodat dit ongeskonde lyk.

Onthou Jesus se supergom bloed het nooit 'n vervaldatum op nie en is flop-proef.

Mense, Jesus se bloed het vir ons gevloei om daardie verhouding tussen Hom en die Vader reg te stel. MAAR ook is sy hande deur spykers op die horisontale balk deurboor. Dit is sodat die verhoudings tussen mense deur Jesus se bloed wit rereinig kan word.

Waarom dan is daar soveel bitterheid in 'n mens se harte spens? Groei die onkruid welig en verdruk die Goeie Saad?

Kom ons skoffel vandag die onkruid om. Berei die grond voor met kunsmis van verwagting. Gaan haal dan uit God se Woord daardie geloofsaad wat jy wil sien opkom. Al is dit so klein soos 'n mosterdsaadjie. Soveel deurnis is God met ons ongeloof gehad: ons hoef net geloof van die kleinste saadjie te he.

Saai oorvloedig sodat jy oorvloedig kan maai van die geloofsaadjies. Onthou die belofte dat van die kleinste saadjie daar 'n reuse oes gemaai kan word.

En dan bid ek vandag vir die oes. Ek het my boeksaadjie gesaai Here. Ek het met die woorde van U as eggo in my hele wese gesaai - dat U Woord nooit leeg terugkeer nie. Die grond was deur en deur geploeg deur die jare van worsteling deur die geloofskaar. Kunsmis van geloof is gesaai in die perfekte ph-skaal wat U vir hierdie unieke habitat bepaal het. En water was trane wat ploffend die gebarste oppervlak hierdie harde, droe kors van die aarde benat het.

Nou is hierdie oes in U Veilige Hande, Vader. Mag my oes met U koms op die wolke U Hart verbly..



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wondergom vir hartskerwe - vandag vir jou.

"Soveel deurnis is God met ons ongeloof gehad: ons hoef net geloof van die kleinste saadjie te he."

Baie goed verwoord.
3 jaar 2 weke 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar