Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Julle ken my naam omdat stories julle ore bereik het. Julle weet hoe ek lyk omdat my man welbekend is in die omgewing. Maar het julle al ooit moeite gedoen om julself aan my voor te stel en my reguit te vra hoekom ek die wrede dinge doen waarvan ek beskuldig word? Het julle al ooit daaraan gedink dat die stories wat julle so opslurp en versprei, deur kinders met gedragsafwykings vertel word?

Waar was julle toe ons huis vol bloed was en die ‘onskuldige dogter’ in ons gesigte gelag het omdat haar pa nie meer wou lewe nie? Waar was julle toe ons die dogters se hande gevat het en hul gesmeek het om ons huwelik en vir mý ‘n kans te gee? Waar was julle toe ek hulle oorlede mammie se herinneringe wou ‘lewendig’ hou vir hulle deur ‘n spesiale naamballetjie aan ons Kersboom te hang en vir hulle foto’s en boekmerke te laat maak? Waar was julle tydens die ouer-kind-sessies by die sielkundiges en die skoolhoof toe die dogter elke keer in my gesig gesê het sy sal my nooit ophou haat nie want dis háár plek langs haar pa, nie myne nie? Waar was julle toe ons huis gevul was met trane, smekinge, gebede en redenasies?

Julle was nie daar nie, julle was te besig om klippe op te tel om die proses van stenig en kruisig aan te help. Julle was altyd gereed om hierdie kinders te ‘bemoedig’ met julle simpatie, ondersteuning en bystand, maar nooit in 17 maande se tyd, het een van julle die moeite gedoen om die man wat julle al soveel jare ken, te vra hoekom hy sy vrou toelaat om so ‘wreed’ te wees nie.

As julle saam met ons by een van die vele verskillende sielkundiges of skoolhoof gesit het, ons direk gekonfronteer het of selfs net ‘n dag in ons huis deurgebring het, dan sou julle besef het en self gehoor het dat die probleem nie altyd by die stiefma lê nie ...

Ek moes op die harde manier leer dat kinders wreed kan wees en 'n gemeenskap ongenaakbaar ... dat jarelange vriende van 'n mens se lewensmaat, nie noodwendig steeds sy vriende bly as hy 'n vreemdeling in sy lewe toelaat nie.

Op ons uitnodigings het ons geskryf van ons sprokie en ons troudag was vol drome ... dis 17 maande later ... ons sprokie is 'n nagmerrie en die rolle van die stiefma en stiefdogters is totaal omgeruil ...

'Cinderella story'



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wrede stiefma
Weet jy wat het die lewe my geleer? Dit maak nie saak ma of stiefma. Dis liewer "Wrede kinders". As jy verstaan wat ek bedoel.

Groete Koekoe
10 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar