Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag praat ek sommer soos ’n potjiekos resep, so skeutjie van ’n klompie goed in een pot saamgevoeg en ek hoop dat dit die skrywer in jou sal voed.

NUWE WOORDE.

Woordskeppings in die WAT se nuutskeppingkompetisie is eerste op my lys van bestanddele:

Dr. Willem Botha, hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), verduidelik dat die doel van die kompetisie i samewerking met die ATKV en RSG is om Afrikaanssprekendes van nuuts af bewus te maak van die skoonheid van Afrikaans en die skeppingskrag van die taal en elke spreker.
Hy verklaar: ons beste prestasies en gelukkigste oomblikke word gedra deur woorde.

Dis ’n prettige praktyk om nuwe Afrikaanse woorde te skep. Hier is ’n paar wat deel was van die kompetisie:

Natuurbuurt - Eng.: nature estate
Glansgans - Eng.: celebrity
Kruipnuus - bewegende nuusstrokie onderaan die TV-skerm
Tolbosromanse - warrelwindromanse
Straatparaat – Eng: street wise
Draaibraai – Eng: rotisserie
Emosiedosie – Eng: memory box
Katelkletsies – Eng: pillow talk
Mooiplooi – Eng: cleavage
Souspot – Eng: Jackpot
Kieriekorting - pensioenarisafslag
Kraterflaters – Eng: Epic fails, soos op YouTube
Takstermiet - iets wat belastinggeld opvreet
Goeterjasies - Eng: gadgets
Langarm – Eng: remote control)
Kermderm - iemand wat baie kla
Luskus – Eng: love bite
Giggelgras - dagga
Wolkpos - WhatsApp en ander sosiale platforms
Bakkiebrakkie - plaashond wat oral saamry
Planeetperd – Eng: globe trotter
Kooivlooi – laatslaper

Die algehele wenner was ‘kieriekorting’.

AANHALINGS WAT INSPIREER.

Ek ken maar min van al hierdie name, maar wat hulle sê, maak baie sin:

•      Om te skryf is om in staat te wees om iets baie lewendig en fisiek, wat in jou binneste bestaan met ’n ongekende kombinasie van gedagte, gevoel en gees, te neem en dit in klein swart simbooltjies op ’n kaal skerm te stoor. (Mary Gaitskill)

•      Om ’n skrywer te word beteken om kreatief genoeg te wees om die tyd en plek in jou lewe te find, om te skryf. (Heather Sellers)


•      ’n Professionele skrywer is ’n amateur wat nooit moed opgegee het nie. (Richard Bach)

•      Ek het geleer om nooit my skryf-put te ledig nie, maar om altyd op te hou wanneer daar nog iets onder in die put oor is. Dit oornag te los om weer te vul uit die fontein wat dit voed. (Ernest Hemingway)


•      Wanneer ek by my skryftafel sit, verdwyn tyd. Ek dink dis ’n wonderlike manier om jou lewe te leef. (Erica Jong)

•      Deur die digkuns kan ons onsself transformeer en ander verander, terwyl ons om die gedigte sit, soos om ’n kampvuur vir warmte en voeding. (Kamilah Aisha Moon)


•      Jy faal eers wanneer jy ophou skryf. (Ray Bradbury)

•      Om te skryf is ’n grootse voorreg maar dis ook ’n gawe. Dis ’n geskenk aan jouself en ’n geskenk in storie-vorm aan ander. (Amy Tan)


•      Slegs hy wat dit waag om te vêr te gaan, sal weet hoe vêr hy kán gaan. (T.S. Eliot)

•      Om jouself te vertrou is die eerste stap van sukses. (Ralph Waldo Emerson )


•      Maak toe die deur. Skryf sonder iemand wat oor jou skouer loer. Moenie probeer uitwerk want ander wil hoor nie; vind uit wat jy te sê het. Dis die enkele ding wat jy het om te bied. (Barbara Kingsolver)

•      Om ’n boek te skryf is soos om te droom. Om te skryf laat my bewustelik droom terwyl ek wakker is. Ek kan vandag voortgaan met gister se droom, iets wat jy nie in die alledaagse lewe kan doen nie. (Haruki Murakami)


•      Skryf is die meeste plesier wat jy in jou enigheid kan beleef. ( Terry Pratchett )

•      Daar kan oor enige iets in die lewe geskryf word, as jy die durf het om dit te doen en die verbeelding het om te improviseer. Die grootste vyand van kreatiwiteit is om in jouself te twyfel. (Sylvia Plath)


•      Literêre talent is algemeen. Uithouvermoë is nie. (Donald Hall)

•      Moenie moed verloor as ’n sin of ’n paragraaf of hoofstuk telkemale verkeerd kom nie. Jy mag dit soveel kere verkeerd doen as wat jy nodig het, maar jy hoef dit net een keer reg te kry. (Tana French)


•      Om ’n novelle te skryf is soos om in die nag te bestuur. Jy kan net sovêr sien as wat jou hoofligte skyn, maar jy kan die hele reis so voltooi. (E.L. Doctorow)

•      Jy kan nie jou kreatiwiteit opgebruik nie. Hoe meer jy gebruik, hoe meer het jy. ( Maya Angelou)


•      Skryf elke dag van jou lewe. Lees baie. Kyk dan wat gebeur. My vriende wat op hierdie dieet is, het suksesvolle skryf-loopbane. (Ray Bradbury)

•      Iemand wat novelle skryf, leef in ander mense se velle. (E.L. Doctorow)


•      As ek sou wag vir perfeksie, sou ek nie ’n enkele woord skryf nie. ( Margaret Atwood )

•      Die grootste plesier van skryf is die innerlik musiek wat wat die woorde maak. (Truman Capote )


•      Oor twintig jaar sal jy baie meer teleurgesteld wees oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy het. So seil weg uit die veilige hawe. Ondersoek. Droom. Ontdek. (Mark Twain)

Hou uit!
Hou aan!
Skep iets wonderlik!
Bowenal . . . geniet jou skryfwerk!

Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bietjie
Elke woord wat jy hier geppen het is n waarheid, dankie vir die deel Kiekies
4 jaar 3 maande 4 dae 11 ure oud


WsW
Dankie hiervoor Kiekies, alles waar feite :)
4 jaar 3 maande 4 dae 18 ure oud


wsw
Dit is wat dit is om 'n skrywer te wees. Jy bou jou taal en die sluit nie net in die gebruik daarvan nie maar ook die skep daarvan. Dit was skrywers wat ons taal geformuleer het en aan die wëreld uitgedra het wat dit uiteindelik erken het as 'n taal in eie reg.
4 jaar 3 maande 4 dae 19 ure oud


wsw
Nou weer lekker by jou gekuier. Dis net jammer dat die gewone man in die straat sal nooit n skrywer se tydlose gedagtes verstaan nie
4 jaar 3 maande 5 dae 4 ure oud


WSW
Ek stem saam.
Maak dan die word as daar nie 'n duidelike gepaste een is nie.

Dankie vir jou

Ons lees en luister mooi.
4 jaar 3 maande 5 dae 5 ure oud


WSW - BIETJIE VAN DIE EN IETSIE VAN DAAI.
Jy is net te dierbaar om sovele as voorligting en motivering deur te gee. Baie dankie vir jou onbaatsugtige deel!
4 jaar 3 maande 5 dae 8 ure oud


Jislaaik!
Kiekies, baaaaaaie dankie vir hierdie inspirasie!! Mag al die WsW skrywers glansganse word, straatparaat genoeg wees om die souspot los te skryf en geenkraterflaters maak nie.

Liewe genade ... Nou's ek skoon uitgeput van al hierdie nuwe woorde :))
4 jaar 3 maande 5 dae 9 ure oud


BIETJIE VAN DIE EN IETSIE VAN DAAI.
Skryf is om 'n saadjie te plant, wanneer dit die eerste lewenslig sien, kos dit tyd om daardie plantjie te vertroetel, tot voordeel van medemens.
4 jaar 3 maande 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar