Woes-Nuus

Titel: 1 Man, 1,000 gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Een man met 'n duisend emosies, dit klink nie noodwendig waar nie, maar dit is die geval van die skrywer Berg, oftewel Attie van den Berg. Berg het hierdie week sy duisendste gedig gepubliseer en nie aan 'n lewelose gehoor
nie: sy werk is al meer as 107, 000 keer gelees.

Van den Berg is 'n sakeman van Kemptonpark waar hy handel dryf in grondverskuiwingsonderdele, asook invoer en uitvoer. Hy het in 1997 in Engels begin skryf, maar daar was geen leserstal nie. Toe ontdek hy Woes.co.za in Augustus 2007 en kry wat hy soek van lesers, nl. terugvoer en kommentaar. Dit was vir hom 'n groot aansporing.

Hy skryf omdat dit 'n uitlaatklep vir emosies en kreatiewe denke is. Vir hom is humor 'n belangrike deel van die lewe.

Berg se werk kan gelees word op Woes.co.za waar hy skep saam met meer as 2 500 ander skrywers.

Besoek berg se blad: http://berg.woes.co.za/




Katarsis

deur tribalmoon

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar