Titel: 20 Miljoen? Wat? Soveel al? Kan gedigte so gelees word?
Weergawe: 1
Aantal woorde: 130
Kere gelees: 635
Datum gepubliseer: 12 Aug 2009
Kan gedigte op Woes.co.za nou al meer as 20 miljoen kere gelees wees?
Ek het eers gestik toe ek dit sien en toe eers weer seker gemaak maar ek is trots om aan te kondig dat die Gedigte afdeling op Woes.co.za se gedigte gesamentlik meer as 20 miljoen kere gelees is. Ek glo ons sal hierdie merk verdubbel binne die volgende 12 maande. Die feit dat almal hulle werk nou op Facebook en Twitter bemark gaan regtig help dat ons hierdie mikpunt bereik. So moet asseblief nie vergeet om op die Facebook en Twitter skakels te kliek sodra jy werk publiseer het nie. Dit help om die webwerf en al die skrywers daarop te bemark.
Dankie aan almal wat deel hiervan is, Woes sou nie bestaan sonder julle nie.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur Johan Botha
Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.