Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aan alle Woes lede, besoekers en Woes vriende, wil ek graag van hierdie geleentheid gebruik maak om aan te kondig dat Woes.co.za op 14 April 2013 sy deure gaan sluit om persoonlike redes.

My lewe was nog altyd gevul met kreatiwiteit, toe ek ‘n verhoogstuk geskryf het, regisseur gespeel het asook die hoofrol vertolk het vir my 30’ste verjaardag, tot die musical wat ek geskryf en opgevoer het vir my 33’ste verjaardag. Dit was seker die duurste partytjies in my lewe, maar die lekkerste en die moeite werd. Die Pendoringtoekennings en skryf geleenthede was altyd vir my ‘n bewys dat ek op die regte pad is met my talent.

Die afgelope 7 jaar plus was ‘n baie lekker pad om saam met julle almal te loop. Ek dink Woes het baie vir Afrikaans beteken en dit het gehelp om die taal te laat groei in hierdie onduidelike tye waarbinne ons leef. Dit kon nie gebeur het as julle, die skrywers, nie bereid was om julself te druk en self te motiveer om die stap te neem om pen te vat en die woorde te laat spat nie. Ek het die voorreg gehad om talent te sien ontwikkel in maniere wat ek nie ooit kon dink nie. Die Woes lesers, skrywers en ketters het gehelp om Woes te verkondig aan een en almal en het Woes omskep in ‘n plek waar mense mekaar kan leer ken, ondersteun en help groei. Deur pyn, deur sukkel en deur woorddroogtes. Julle het dit alles moontlik gemaak deur julle passie en liefde vir skryf. Baie dankie aan ieder en elk. Woes het maandeliks meer as 45,000 besoekers wat 300,000 bladsye lees - wat fenominaal is as jy in ag neem dat dit nie deel van enige groot mediamaatskappy is nie.

Dit kon alleenlik gebeur deur Afrikaanssprekendes wat as een staan en besluit het om die heilige koeie van Afrikaans aan te vat en Woes is ‘n bewys van die ryke oesland van talent wat op Afrikaanse grondvlak lê en wag om ontgin te word. My dank aan almal wat gehelp het met verwelkomings, die moderasie, die kompetisies, die forum en nog baie, baie meer. Julle het bewys dat Afrikaners nie altyd aan mekaar se kele is oor verskille nie, maar een kan wees in skepping en kreatiwiteit. Baie dankie.

Woes, soos julle dit ken, is nou al vir meer as 7 jaar aan die gang en die webwerf het waarlik gegroei in ‘n fenomeen. Ek het naby R3 miljoen van my eie geld in die projek geϊnvesteer. Ek dink steeds dit was ‘n goeie manier om geld te spandeer, omdat ek Woes nog altyd uit die liefde van die saak gedoen het. Ek het Woes geneem tot waar ek kan kan en dit was seker een van die beste lewensreise ooit, maar dit is nou tyd om aan te beweeg.

Ek wil vir nou meer fokus op my privaatlewe en studies, waar ek tans besig is met my meestersgraad en dan ook die nuwe rigting waarin my besigheid beweeg. Woes was lank deel van my lewe en het help slyp aan my as mens, maar dit is tyd dat ek hierdie deel afsluit en vernuwe. Ek slaan ‘n nuwe rigting in en ek is so opgewonde soos ‘n kind voor Kersfees aan die een kant en tog ook hartseer aan die ander, want ek roep vaarwel aan soveel mense wat soveel vir my beteken het oor die jare. Baie dankie uit die diepte van my hart aan almal wat Woes leer ken en ondersteun het.

Daar is partye wat belangstel om Woes oor te neem en ek bestudeer die aanbiedinge op die tafel. Die hoof kriteria is dat hulle Woes verder moet neem as wat ek ooit kon. As ek nie enige aanbod aanvaar nie sal die webwerf steeds sluit op 14 April 2013.

Die skryfkursus sal steeds voortgaan maar as ‘n aparte webwerf daar vir skrywers wat steeds hulle talent wil ontwikkel. Alle skrywers sal ook toegang kry tot ‘n fasiliteit waardeur hulle al hulle werk op Woes kan uitvoer, insluitend die statistieke.

Alle gelde wat oorbetaal is aan Woes vir lidmaatskap of kursusse sal dienooreenkomstig terugbetaal word. Mandie sal julle kontak vir die nodige bankbesonderhede. Enige navrae kan aan web@woes.co.za gerig word.

Groete en dank,

Willem Gous
Eienaar Woes.co.za


 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar