Titel: Bemark jouself so – Deel 1
Weergawe: 1
Aantal woorde: 440
Kere gelees: 1110
Datum gepubliseer: 13 Jul 2009
Dit is lekker om jou skryf talent uit te leef op Woes en te sien dat mense jou werk lees en dan ook nog kommentaar lewer. Hoe gemaak dat meer mense jou werk lees op Woes?
Onlangse navorsing van Woes gebruikers toon wel dat hulle nie noodwendig meer tyd het om op die webwerf te spandeer nie. So, dit beteken jy gaan buite die Woes aanlyn gemeenskap moet gaan kyk vir ander oë om jou werk te lees.
Hierdie week wil ek graag meer gesels oor Facebook en wat dit vir jou werk op Woes kan beteken. Facebook is gratis en jy kan net www.Facebook.com besoek en registreer en so begin om jouself te bemark.
1) Sluit aan by die Woes groep
Woes.co.za het 'n groep op Facebook. Sluit by die groep aan en so kan jy Woes goeters met ander Woes aanhangers in die groep deel. Die voordeel om deel te wees van die groep is dat al jou vriende op Facebook sal sien dat jy deel is van die Woes groep en so dan die webwerf gaan besoek. So baat alle skrywers by dit. Sluti by die groep aan. Kliek hier of jy kan net die soek fasiliteit gebruik om vir Woes.co.za te soek.
2) Deel jou Woes skryfwerk op Facebook
Jy kan skakels na elke individuele stuk werk wat jy al op Woes publiseer het plaas op jou Facebook profiel blad. Gaan na die stuk wat op jy op Woes publiseer het, met ander woord soos jy dit sal lees. Onder die werkstuk is daar ekstra opsies en een van hierdie opsies is "Deel met ander". Daar is 'n hele lys van ander webwerwe waarop jy die werkstuk kan deel maar Facebook kan identifiseer word deur 'n blou F. Kliek eenvoudig op die Blou F, jy sal dan na Facebook se webwerf geneem word en gevra word om in te teken as jy nog nie ingeteken het nie en dan sal daar 'n blokkie wees wat jou vra of jy wel hierdie werk wil deel met ander op Facebook. Kliek dan net om dit te deel en dan sal dit op jou Facebook blad vertoon vir almal om te sien.
3) Deel ander se werk op Facebook
Almal het ander skrywers wie se werk hulle ook geniet. As een van daardie skrywers iets goed skryf, deel dit ook op jou Facebook blad. Volg dieselfde stappe soos bo vermeld.
Jou werk sal alleenlik meer gelees word as meer mense weet waar om dit te kry. So gebruik Facebook, dit is tog waarvoor dit daar is.
Volgende week sal ek ander bemarkings idees met julle deel.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur DMJR
'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.