Titel: Beoordelaars vir dig kompetisie
Weergawe: 1
Aantal woorde: 151
Kere gelees: 605
Datum gepubliseer: 15 Feb 2010
MARLIZE LEYDEN is die voormalige redakteur van TG (Taalgenoot, die ATKV se maandelikse tydskrif). Hoezit!, ’n opwindende nuwe kindertydskrif, is ook haar breinkind. Sy het ’n meestersgraad aan die Universiteit van Leuven in België verwerf waartydens sy onder andere in Skryfkuns en Afrikaanse en Nederlandse poësie gespesialiseer het.
FANIE VILJOEN is nie net die wenner van die Sanlam- en M.E.R.-prys vir jeuglektuur nie, maar sy briljante boek BreinBliksem is een van die min Afrikaanse publikasies wat in Engels vertaal word vir verspreiding in die buiteland. Daar is ook sprake van ’n film wat gebaseer is op dié boek.
ILSE SALZWEDEL is ’n vryskutjoernalis vir verskeie publikasies. Sy is verlede jaar deur die FAK bekroon met die H.B. Thom-toekenning vir haar volgehoue bydrae tot Afrikaanse joernalistiek. In 2008 het sy ’n Pica-toekenning vir die beste tydskrifartikel van die jaar verower, asook ’n ATKVeertjie vir die beste tydskrifjoernalis in 2006.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur

Artikels
Gedigte
Woes-Nuus
Rubrieke
Kortverhale

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.