Woes-Nuus

Titel: Die kwaliteit vraagstuk

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die debat rondom die kwaliteit van werk wat soms op Woes ingestuur word, het warm geword die afgelope week. Party mense voel dat daar soms net ‘n gebabbel en krabbel van woorde geplaas word en dan voel skrywers wat weer goed voorbereide werk plaas in die gesig gevat en voel dat hulle werk in ‘n slegte lig gesien gaan word as dit met ander werk geassosieer word.

Hierdie is iets wat nie maklik aangespreek kan word nie oor die rede dat as keuring van werk moet geskied sal Woes ‘n leuen van ‘n platform wees want dan sluit ek baie mense uit. Ook tweedens sal dit regtig ‘n groot span mense neem om so iets te doen en die finansiële implikasies sal te groot wees.

Ek dink as ‘n groep kreatiewes moet ons ons oogpunt rondom hierdie saak verander. Ons moet ophou fokus op die swakke en fokus op wat goed is. Dit is net soos ‘n huwelik, as jy aanhou kyk na wat sleg is in jou lewensmaat gaan dit nooit werk nie, maar wel as jy fokus op die goeie punte.

Ek wil dan die volgende voorstel maak hoe om hierdie platform ‘n platform te maak wat grense binne Afrikaans gaan breek:


1. Duideliker definisies van watse werk in watter kategorieë toegelaat sal word. Ons moet duidelik maak wat presies ‘n artikel is, wat kwalifiseer as ‘n kortverhaal ens.
2. Ander kategorieë? Soos ons met meer presisie kyk wat wel waar geplaas mag word moet ons dalk kyk of ons nie nog kategorieë nodig het nie. Ek sien mense plaas gelukwense ens. onder happies, maar happies is sosiale kommentaar. Vermaak is regtig net daar vir musiek en film resensies, nie vir die vermaak wat jy gehad het toe jou broer se broek aan die brand slaan toe hy langs die braaivleisvuur gestaan het nie.
3. Hierdie hele proses sal deur die Woes Forums geskied en almal sal deel vorm daarvan om regverdigheid en eenparigheid te verseker.
4. Paneel: Daar sal dan ‘n paneel van mense bymekaar geroep word wat dan seker maak hierdie reëls word gevolg. Hulle sal dan werkstukke van een kategorie na die ander kan skuif of selfs werkstukke onaktief stel. Ek wil dit net weereens noem dat dit nie ‘n keuringspaneel is nie, hulle is daar om te verseker dat dinge hoort waar hulle hoort.
5. Appèl: Ons sal kyk ‘n na appèlproses waar ingeval ‘n werkstuk van jou onaktief gestel is dat jy appèl kan aanteken.
6. MENTORSKAP: Ek wil regtig hê ons moet as ‘n klomp kreatiewe mense kyk hoe ons ‘n mentorskap program aan die gang gaan kry. Hoe kan ons fokus op wat goed is in ‘n skrywer en hulle help groei en so die kwaliteit van werk op Woes te verhoog? Ek weet Afrikaners is bekend daarvoor dat ons nie kan saamstaan nie, maar kom ons kyk of ons dit hier kan regkry. Ons sal moet bepaal hoe so ‘n proses sal werk maar dat daar wel meetbare doelpunte bereik word. Amper soos die Toastmasters se CC program waar die persoon 10 praatjies in ‘n sekere tydperk moet voltooi.

Ek weet hierdie is regtig ‘n groot stap in ‘n nuwe rigting maar ek glo dit kan net tot voordeel strek van een en almal. Daar sal weeklikse inligting geplaas word oor die progressie van hierdie proses.

Kom ons kyk of ons wel as een kan saamwerk, elkeen het sy goeie punte wat hy kan bydra.




beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar