Titel: Die pad vorentoe is een van sukses
Weergawe: 1
Aantal woorde: 493
Kere gelees: 732
Datum gepubliseer: 31 May 2010
Die afgelope week het daar regtig net positiewe dinge uitgekom uit die gesprekke en kommentare van gebruikers oor hoe ons kan verseker dat Woes ‘n geboorteplek van kwaliteit skrywers gesien kan word.
Daar is besluit dat die volgende gedurende die volgende paar weke gaan gebeur:
1) Aanstelling van ‘n koördineerder: Daar gaan ‘n koördineerder aangestel word wat die inisiatiewe en mense wat dit gaan ondersteun bestuur. Julle as gemeenskap gaan self riglyne skep en implementeer en polisieer. Die aanstelling word deur Woes gedoen en ook befonds.
2) Lys van inisiatiewe:
Reëls en regulasies riglyne
Moontlike nuwe kategorieë
Skep van komitee wat riglyne gaan bestuur en polisieer
Riglyne vir ‘n mentorskap program
Werwing van mentors en implementasie van mentorskap program
3) Reëls en regulasies riglyne: Daar sal meer duidelike riglyne uiteengele word vir elke kategorie. Skrywers sal presies weet watse werk kan waar ingestuur word en wat val buite die algemene reëls, soos gebruik van growwe taal ens.
4) Soos die gemeenskap bepaal wat toegelaat word onder watter kategorie sal daar tien teen een gevalle gevind word waar daar nie kategorieë bestaan vir sekere werke nie. So sal daar dan nuwe kategorieë geskep word. ‘n Nuwe kategorie sal alleenlik geskep word as dit bepaal kan word dat daar genoegsame behoefte vir so ‘n kategorie bestaan.
5) Komitee: Die komitee sal bestaan uit gewone gebruikers wat seker maak dat die reëls gevolg word. Indien reëls nie gevolg word nie kan werkstukke onaktief gestel word of selfs na ‘n ander kategorie geskuif word.
6) Riglyne vir mentorskap program: Om eenheid te skep in ‘n mentorskap program sal daar riglyne geskep word amper soos Toastmasters se Competent Communication program werk waar jy tien verskillende praatjies moet voltooi. In hierdie proses word geen onderwerpe spesifiseer nie maar jy moet sekere tegnieke baas raak. Andersins gaan ons met ‘n geval sit waar mentors elkeen in ‘n eie rigting inslaan en so gaan ons dit met ‘n deurmekaarspul sit. Soos mense die program voltooi sal die program verder ook ontwikkel word.
7) Werwing van mentors: Ons moet dan riglyne skep waarvolgens iemand as ‘n mentor kan kwalifiseer en seker kan wees dat hulle die program saam met ‘n “student” skrywer kan uitvoer.
Hierdie inisiatiewe sal nie net verseker dat die werk wat op Woes publiseer word van uitstaande gehalte sal wees nie maar ook dat skrywers meer aktief en betrokke gaan raak by die webwerf. Die sukses en oorlewing van hierdie inisiatiewe rus grotendeels op die skouers van die Woes gemeenskap en nie die bestuur nie. Anders gaan die webwerf in ‘n outokratiese platform verander wat regeer word in plaas dat dit ‘n lewende, skeppende, kollektiewe Afrikaanse fors word.
Ek verwag dat die proses wat in die volgende paar weke gaan afspeel nie altyd glad gaan verloop nie maar ek weet dat ons volwasse genoeg is om die goed daarin te kan raaksien.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur Vesting
Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561