Woes-Nuus

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil die Woes-gemeenskap bedank vir n uiters geslaagde Digkompetisie. Daar was tye in die eerste twee weke wat ek gewonder het of ons selfs 50 digters gaan kry, om die bloemlesing te kan publiseer volgende jaar. Maar toe gaan die sluise van die hemel oop. Op die ou einde het 159 digters deelgeneem en in totaal 613 gedigte ingestuur. Die standaard was hoog en alhoewel ons net 50 digters MOES kies was dit baie moeilik. Ons kon baie maklik n bloemlesing van 80 digters uitgegee het sonder dat die gehalte enigsins sou verswak. Ek se vandag dankie vir die voorreg om met julle unieke kunswerke te kon omgaan. Ek kan al klaar nie wag vir volgende jaar se kompetisie nie en weet dat dit n nog groter sukses gaan wees as hierdie jaar. Mag elke digter hierdeur aangespoor word om nog beter te skryf in die jaar wat kom. Mag julle werke van sulke uitstaande gehalte lewer dat die land gaan regop sit en aandag gee aan wat in Woesland gebeur.
Hier volg dan in geen besondere volgorde n lys van die Woes Wenners vir 2008.

Christo du Plessis
Melani Potgieter
Plastic Boer
Sanette Engelbrecht
Sonya Pienaar
Tania Holtzhausen
Vlek van Eck
Sonica ( n Laaste eerbetoning)
Rudi Coetzer
Tanya Retief
Stephanie Riekert
Ann Hiemstra
Kate Bonnema
Lourinda le Roux
Atina Drabmol
Mariska Willemse
Marcie
Natasha Dutton
Rina Greeff
Marianne Raath
Jean Gouws
Johan van Zyl
Isabelle Nel
Charmaine Potgieter
Fransi Nieuwoudt
Hermien Murphy
Hannalore Olivier/ Deon van Zyl ( gesamentlik)
Elzette boucher
Etheresia Mostert
Gerda Botha
Engeline Gericke
Antoinette Lourens
Annalet Fourie
Merle Chalmers
Anton Smit
Annelouw Smit
Bianca Nicholson
Annelie van Rensburg
Karlien vd Merwe
Mandi Engelbrecht
Innalize Celliers
Elraye Julius
Mattheus Fourie
Renata Roos
Bloom Lilly( C P B)
Elmarie Westerink
Louie vd Watt
Loukie Adlam
Ronel Els
Tribalmoon

Baie baie geluk aan elke skrywer wat vanjaar een van ons wenners is. Julle kan trots voel op julle werk en ons gaan poog om n pragtige bundel uit te bring sodat julle ook daarop kan trots voel.

Ek gaan hier herhaal die inligting oor die Slypskool omdat ek baie navrae kry hieroor. Ons sal ook in die vlgde week of wat nog meer detail verskaf.
Nou beweeg ons in die tweede fase van die kompetisie in.

SLYPSKOOL
Die finaliste kwalifiseer vir die slypskool, wat aangebied sal word op 22 November
2008 by hAp ( Huis van Afrikaanse Poesie) in Capital Park in Pretoria. Die koste
hieraan verbonde is R400 per persoon. Ons is bevoorreg dat dr. Ian Raper,
akademikus, poesie-bevryder en uitgewer, die slypskool sal aanbied. Die gekose
finaliste sal telefonies in kennis gestel word van die besonderhede van die slypskool
wat sal plaasvind gedurende die dag van die prysuitdeling. Die slypskool begin die
Saterdagmore 8.30. Daar word twee maal koffie/tee en koekies verskaf asook ʼn
heerlike middagete. Die slypskool waar daar individueel met elke eerste-rondewenner
se gedigte gewerk word, sal 3-uur die middag afsluit. Gedurende en
onmiddellik na die afloop van die slypskool kry finaliste die geleentheid om hulle
ingeskrewe verse te verbeter en weer voor te le vir finale beoordeling. Die
sluitingsdatum en –tyd vir die indien van finale weergawes is Saterdagaand 5nm
2008 by die hAp-lokaal.
Daar word voorsiening gemaak vir finaliste, wat kwalifiseer vir die bundel wat vroeg
volgende jaar gepubliseer word, maar wat nie die slypskool kan bywoon nie, om per
epos ʼn slypproses met Ian te beleef. Dit sal beteken dat jou gedig vir beoordeling
van die drie groot pryse in aanmerking sal kom.
Ons finale keurders is Prof Ian Raper en die bekroonde digter Rosa Smit ( Ingrid Jonker Prys )

PRYSUITDELING
Die drie weninskrywings word tydens ‘n gala-geleentheid (sjampanje en
vingerhappies) aangewys op Saterdagaand 7.30, 22 November 2008 by die hAp
lokaal – ‘n geleentheid waartydens al die slypskoolkwalifiseerders hulle afgeronde
werke wat gepubliseer gaan word, kan voorlees. Die drag sal netjies-informeel wees.
Bo en behalwe die drie hoofpryse gaan ons ook verskeie ander pryse die aand uitdeel. Daar gaan kontant pryse wees. Vers bundels uit Dietse lande geskenk deur die Belgiese Ambassade sowel as Afrikaanse digbundels geskenk deur Protea Boekehuis.
Ons beoog juis om dit makliker te maak vir deelnemers wat ver weg bly om die
slypskool, die slypproses en die gala-prysuitdeling alles op een dag te hou.
Kaartjies vir die prysuitdeling kos R160 per persoon. Almal is welkom by die
prysuitdeling in ag genome dat die wenners en hulle genote eerste keuse kry en dat
daar slegs 80 kaartjies verkoop word.
Daar kan 60 digters tot die slypskool toegelaat word. Afhangende van hoeveel
finaliste kan deelneem, sal daar ʼn beperkte aantal kaartjies vir ander digters
beskikbaar wees. Dit sal op die basis toegeken word van wie ook al eerste hulle
gelde inbetaal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar