Woes-Nuus

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons het bietjie meer as 1,100 inskrywings vir die Woes-amateurskryfkompetisie 2011 gehad en ons het die tyd wat dit sou neem om te beoordeel oorskry maar dit is uiteindelik afgehandel en ek kan met trots die finaliste aankondig.

Die wenners sal by die gala-aand aangewys word wat op 15 Junie. Dit gebeur by Forum Homini hotel. Die aand sal kos uit hulle wenner kombuis bedien word asook wyn van KWV.

De Kat en Rapport sal onderhoude voer met die wenners terwyl Picture Perfect sal sorg dat daar mooi foto’s van hierdie glansgeleendheid geneem word.

Omdat ons net 100 plekke vir media en finaliste het kan ons ongelukkig net 32 kaartjies beskikbaar stel vir hierdie geleentheid. Die koste beloop R190 per persoon en jy kan Mandie kontak by web@woes.co.za om jou kaartjie te bespreek. Finaliste, en metgesel, ontvang gratis toegang tot hierdie glansgeleentheid. Indien ‘n finalis nie die aand kan bywoon nie sal hulle kaartjies aan ander Woesters beskikbaar gestel word teen R190.

Ek wil net weereens almal wat hieraan deelgeneem het bedank en ook ons borge. Sonder ons borge sou ons nooit so ‘n groot pryspot kon aanbied nie. Hou die webwerf dop vir die volgende kompetisie wat binnekort gaan afskop.

Hier volg die lys van name wat finaliste in hulle kategorie is. Elke finalis sal ‘n uitnodiging deur hulle epos ontvang. Baie geluk aan julle! Julle is die nuutste talent in Afrikaans.

Riana van Staden - Artikels
Stanley Theron - Artikels
B.J. vd Merwe - Artikels
Lynette Louw - Artikels
Piet Schoombie - Artikels
Maritha Koortzen - Artikels
Marita Pieterse - Gedigte
Melanie van As - Gedigte
Sharon Clack - Gedigte
Mareli Brits - Gedigte
Lisa-Mari Swanepoel - Gedigte
Coen Havenga - Gedigte
Riekie Greyling - Kinderverhale
Beatrix Koch - Kinderverhale
Susan Maree - Kinderverhale
Rieneke Haak - Kinderverhale
Elizna le Roux - Kinderverhale
Adri Brits      - Kinderverhale
Bez Bezuidenhout - Kortverhale
Karin Rademeyer - Kortverhale
Aretha du Rand - Kortverhale
Ile-Colette Kok - Kortverhale
Elaine Swanepoel - Kortverhale
Alettie Van den Heever - Kortverhale
De Wet Van Biljon - Rubrieke
Lynette Louw - Rubrieke
Gerda Henrico - Rubrieke
Hanél Smit - Rubrieke
Sarina Donges - Rubrieke
Marietjie Terblanche –Rubrieke

Weereens baie baie geluk aan julle almal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar