Woes-Nuus

Titel: Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

2008 was waarlik vir my ‘n interessante jaar gewees as ek dink aan alles wat met my gebeur het en wat ook in my lewe verander het. Maar ten spyte van dit kan ek met alle eerlikheid se dat dit seker die beste jaar nog was. As ek elke jaar net kan bou op die geluk en vrede en groei wat ek in 2008 ondervind het sal ek die gelukkigste mens op aarde wees.

Selfs Woes het ontplof in die laaste deel van die jaar en dit het my baie gelukkig gemaak want ek het net meer en meer eposse ontvang van mense wat vertel van hoeveel hulle werk gelees word. Maar, die beste eposse is die wat ek ontvang wat my vertel van watse verskil Woes in hulle lewens veroorsaak het. Ek glo nie ek kan verwoord hoe dit my laat voel nie. Dit gee waarlik betekenis aan my lewe as ek sulke dinge hoor en ek glo in 2009 gaan daar net meer en meer mense die wonder van Woes ontdek. Dit pas by die doel van my lewe in, om miljoene mense se lewens te beïnvloed en te verbeter, en Woes is maar net een kanaal waardeur ek dit doen.

Ek wil elkeen bedank vir hulle deel in Woes. Sonder julle sal Woes nie bestaan nie en sal Woes nie wees wat dit is vandag nie. Dankie vir die ondersteuning en hulp met die webwerf. Die webwerf is in julle hande en julle het die mag om dit te maak na wat julle pas.

Ek wens almal ‘n liefdevolle Christusfees toe en mag die liefde van Jesus deur jou hart vloei. Laat jy ‘n lig wees vir mense om te sien.

Alhoewel die nuusbrief nie uitgestuur gaan word nie beteken dit nie dat ek nie bereik kan word met probleme nie. Ek sal altyd beskikbaar wees op web@woes.co.za , my deur is altyd oop. Ek sal weer met julle gesels in die tweede week van Januarie 2009.

Groete,

Willem Woes



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar