Titel: Lesers! Nou is dit julle beurt om te help!
Weergawe: 1
Aantal woorde: 227
Kere gelees: 484
Datum gepubliseer: 31 Aug 2009
Ek het so paar weke terug begin om skrywers te leer om sosiale netwerke soos Facebook en Twitter te gebruik om hulle werk te bemark. Ek moet erken dat die hoeveelheid besoekers afkomstig vanaf Facebook daagliks groei. Soveel so dat daar nou al meer as 2,100 besoekers in die afgelope 30 dae vanaf Facebook vir Woes besoek het. Hierdie besoekers het meer as 26,000 bladsye gelees.
Dit is mooi om jou eie werk te bemark maar het jy al gedink om ander mense se werk ook te bemark? Hoe gedoen dan? Jou Facebook vriende geniet wel jou werk op Woes wat jy bemark op jou Facebook profielblad maar stel hulle bloot aan al die ander wonderlike skrywers op Woes.
Dit werk soos volg: Wanneer jy ‘n werkstuk lees en dink dit is die moeite werd om met jou Facebook vriende te deel dan gaan jy net na die onderkant van die werkstuk waar daar “Deel met ander:” staan en dan kliek jy op die Facebook of Twitter skakels. Asseblief, help anders skrywers ook die lig sien.
Die gemiddelde persoon op Facebook het meer as 100 vriende. As 5 mense ‘n skrywer se werkstuk so bemark dan kry daardie skrywer skielik blootstelling tot 500 nuwe lesers. Komaan! Kom ons staan saam! Bemark mekaar ‘n bietjie! Kom ons kyk of ons 10,000 besoekers vanaf Facebook in die volgende 30 dae kan lok.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur tribalmoon
Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.