Titel: Meer Woes in die Kaap
Weergawe: 1
Aantal woorde: 272
Kere gelees: 1571
Datum gepubliseer: 28 Jan 2009
Alle bewyse van betaling moet asseblief gestuur word na kaap@woes.co.za. Besprekings en betalings kan nog tot 5 dae voor die tyd gedoen word, nie later nie. Ook kan skrywers begin om vir ons 'n lys van 3 voorlesings te stuur wat hul bereid sal wees om voor te lees of dan iemand kan voorstel om dit voor te lees. Hierdie moet ons asseblief ontvang niks later as 5 dae voor die tyd nie. Ook moet skrywers asseblief nou vir ons laat weet of hulle dalk enige talent (sang, casiotone(ek het een), ander musiekinstrumente, danse, ens) mee sal kan optree sodat ons 'n program sal kan vaslê. Hierdie items wil ons asseblief teen op die laaste 20 Februarie ontvang.
Indien daar enige lid is wat moontlik borgskap vir wyne kan bied, sal dit gaaf wees. Alle kommunikasie MOET nou asseblief deur kaap@woes.co.za gaan, aangesien dit logistiese probleme veroorsaak indien jul persoonlike eposse stuur na my of selfs deur Woes aanstuur. Ons poog om alle kommunikasie bymekaar te hou, sodat ons vir jul die lekkerste moontlike aandjie kan lewer. Lede wat op Facebook is, moet asseblief vir ons daarvan sê sodat ons vir hul daardeur ook uitnodigings kan stuur, wat sommige dinge soos padaanwysings ens makliker maak. Daar is reeds 'n event gemaak vir hierdie. Jul sal dit kry by http://www.facebook.com/event.php?eid=46839824085&ref=ts Indien daar enige lid is wat 'n DVD opname kan maak van die aand, sal dit baie gaaf wees. Stil Fotograwe is ek seker, gaan daar genoeg van wees onder die klomp teenwoordig. Sien uit daarna om julle te ontmoet.
Groete Delene
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur Delene de Wet
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.