Woes-Nuus

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die bekende koloratuur sopraan, Michelle Veenemans tree op Saterdag 25 Maart 2006 om 19:00 vir die eerste keer in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument op. Die program is so saamgestel om by Michelle se besondere, liries-dramatiese koloratuurstem aan te pas.

Uiteraard sal sy ‘n verskeidenheid items wat wissel vanaf bekende arias uit operas soos La Wally en operettes soos Die Fledermaus, tot ligte Afrikaanse liedere soos S. le Roux Marais se Lentelied, sing. Veenemans word deur die kunstenaars Paul Ferreira (klavier) en Lizet Smith (Klarinet) begelei.

Sy stel terselfdertyd haar nuwe CD, Lentelied, wat in die Senotaafsaal deur César de Almeida van César’s Sound opgeneem is, bekend.

Die CD is ‘n viering van die Afrikaanse taal, wat in 2005 sy 130ste verjaarsdag herdenk het, en gewilde Afrikaanse liedere deur S. le Roux Marais en Petrus Lemmer verskyn daarop. Dit is ook die eerste van ‘n reeks CD’s wat in die Monument opgeneem is om plaaslike kunstenaars die geleentheid te gee om ‘n eg Suid-Afrikaanse produk daar te stel wat aan die internasionale mark blootgestel kan word (80% van die 200 000 besoekers wat die Monument jaarliks besoek is buitelanders).

CD’s sal in die toekoms slegs by die Voortrekkermonument of by mev Barbara Veenemans beskikbaar wees teen R100,00 elk.

Kaartjies vir die konsert is R50,00 per persoon. Vir meer inligting oor die konsert en die CD kan Annatjie by (012) 326-6770 of Cecilia by 083-417-4411 gekontak word.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar