Woes-Nuus

Titel: ‘n Pyn in die oog vir die leser

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het weer bietjie deur die Happie afdeling gelees en dit skok my aangesien dit soms as ‘n bulletinbord gebruik word. As jy mense wil vertel hoe dit met jou as mens gaan of hoe die braai Saterdag was kan jy die interne epos gebruik en al jou Woes vriende epos. Hierdie tipe skryfwerk in die Happie kategorie jaag net lesers weg. Lesers stel nie daarin belang nie want hulle ken jou nie soos jou Woes vriende nie. Plaas ordentlike sosiale kommentaar daar asseblief.

n Happie is ‘n kort letterkundige bydrae wat handel oor die skrywer se belewenis van ‘n gebeurtenis waaruit hy/sy iets geleer of waarde geput het. Dit kan ook geklassifiseer word as flitsfiksie wat waarlik roep na uiters kort, maklike, beknopte skryfwerk. Die doel van ‘n happie kan wees dat die skrywer sy lesers wil vermaak, waarsku, onderrig of sommer net sosiale kommentaar wil lewer. Dit kan werklikheid of ‘n verbeelde werklikheid wees – grappig of ernstig. Die lengte word waarskynlik bepaal deur die spasie wat ‘n publikasie daaraan toestaan en kan wissel van 34 tot 1500 woorde.




ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar