Woes-Nuus

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op 20 September 2005 is die bruikleen vir 'n aanvanklike tydperk van twee jaar van twee borsbeelde van wyle Dr. HF Verwoerd deur die Tshwane Metro-owerheid aan die Erfenisstigting goedgekeur. Hierdie ooreenkoms is nou, na verskeie verdere vertragings, onderteken en die beelde is op 15 Maart aan die Erfenisstigting oorhandig vir veilige bewaring by die Voortrekkermonument.

Volgens Dr. Anton van Vollenhoven, Erfenisbestuurder van die Metro-owerheid, is die een borsbeeld deur Johan Steynberg, jonger broer van bekende beeldhouer Coert Steynberg, gemaak. Die beeld is deur die voormalige Centurion Stadsraad (toe nog die Verwoerdburg Stadsraad) aangekoop en in 1969 is dit voor die Verwoerdburg Stadsbiblioteek in Cantonmentweg geplaas. Dit is deur die weduwee van Dr. Verwoerd, mev. Betsie Verwoerd, onthul.

Nadat dit gevandaliseer is, is dit na die portaal van die Raadsgeboue se Raadskamers geskuif. Met die opening van die nuwe munisipale kantore, is dit na die kantoor van die Burgemeester verskuif. In 1994, toe die Verwoerdburg Stadsraad na dié van Centurion verander is, is die beeld gestoor.

Die tweede beeld is deur die bekende beeldhouer, Jo Roos geskep. Volgens mnr Hannes Hattingh, voormalige burgemeester van Centurion, is die beeld deur UNISA aan die Stadsraad geskenk. Ook hierdie beeld het uiteindelik in ‘n stoorkamer beland. Albei die beelde is onlangs na Melrosehuis verskuif, in afwagting van die oorhandiging aan die Erfenisstigting.

Hierdie twee beelde van wyle Dr. Verwoerd sluit nou aan by etlike ander van hom wat reeds met verloop van tyd deur die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument in veilige bewaring geneem is. Van die bekendstes hiervan sluit in die wit marmerbeeld wat in die destydse H.F. Verwoerd-gebou oorkant die Parlement gestaan het, die granietbeeld wat voor die destydse gelyknamige hospitaal in Pretoria gestaan het en ook die groot bronsbeeld wat in Bloemfontein gestaan het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar