Woes-Nuus

Titel: Nog webwerf verbeteringe

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is nog drie verbeteringe aangebring hierdie week wat die lewe vir Woes skrywers nog makliker gaan maak.

Wie is aanlyn

Die ou indikasie van hoeveel gebruikers aanlyn is, het nou twee gedeeltes. Een wat wys hoeveel gebruikers aanlyn is maar ook hoeveel lede ingeteken is en tans op die webwerf is. As jy kliek op die hoeveelheid lede aanlyn sal dit jou na ‘n blad neem wat wys watter lede aanlyn is met ‘n skakel om hulle te epos deur die webwerf. So hoop ek dat julle meer met mekaar sal kommunikeer.

Verwyder werk

Nou kan jy self werk verwyder waarvan jy nie meer hou nie of werk wat jy aansienlik verander het en waarvan jy ‘n nuwe vars weergawe wil laai. As jy ingeteken is kan jy net op die “Verwyder werkstukke” skakel kliek. Jy sal na ‘n blad geneem word wat al jou werk lys volgens kategorie. Hier kan jy dan kies wat jy wil verwyder en dan net een knoppie kliek en dan is dit gedoen.

Skrywers wat nuwe werk gelaai het

Die skrywers afdeling wys al die skrywers wat registreer is op Woes.co.za en daar is ook ‘n groen regmerkie langs elke skrywer se naam wat wel ook ‘n foto saam met hulle profiel het. Nou is daar ook ‘n rooi regmerkie aangebring wat wys as die skrywer nuwe werk in die afgelope 7 dae publiseer het.

Ek hoop julle gebruik hierdie nuwe funksies en dat dit wel die lewe makliker sal maak vir alle skrywers op die webwerf.

Groete,

Willem Woes




Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar