Titel: N.P. van Wyk Louw gedenkaand
Weergawe: 1
Aantal woorde: 249
Kere gelees: 736
Datum gepubliseer: 30 Jun 2009
Ons ontmoet so half sewe se kant en geniet ons sjerries in die kersverligte tuin van die Huis van Afrikaanse Poësie( hAp) –groet mekaar , praat Afrikaans (of nie) om daarna om 7.30 in die teaterhuisie vergas te word deur dr. Ian Raper se kort lesing oor die werk van ons groot digter, te eet en gesels, na die werk van ander digters te luister wat hulle self voorlees en verras te word deur EEN van ons beste opkomende jong sterre! Stephen Hicks is tans te sien saam met Wiona Chaney in FINGS AINT WHAT THEY USE TO BE- Hy was was ook in Snow White saam met Tobie Cronje en het die hoofrol gehad in die FULL MONTY.
Die Huis van Afrikaanse Poësie bestaan reeds ‘n hele paar jaar en besit die kleinste Taalmonument in Suid Afrika. Ons boekery is volgepak met duisende boeke en ons tuin ,‘n lushof. Kunsuitstallings, teedrinkpartytjies en ander funksies word gereeld daar gehou en ons wil graag die publiek bewus maak van die hartwarmplekkie waar ons die kunste, ‘n eerste plek gee!
Vir die aand betaal jy of R100 vir sop, broodjies en die aand se aanbieding of R130 vir bobotie daarby. Laat asb vir Charl weet.
Die teaterhuisie is gelee in Malherbestraat 115 ,Capital Park- of van die anderkant in Venterstraat 116.
Charl Pretorius is die eienaar en hy moet gebel of ge-email word vir ‘n bespreking: info@hap.co.za of 0768429212. Onthou daar’s beperkte sitplekke beskikbaar.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur Francis Gillieron
CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR