Titel: Nuutste kompetisie en borge
Weergawe: 1
Aantal woorde: 152
Kere gelees: 619
Datum gepubliseer: 09 Aug 2010
Soos julle almal weet is die nuwe skryf kompetisie op Woes verlede week geloods. Hierdie nuwe kompetisie sal begin Oktober 2010 afskop saam met die bekendstelling van die nuwe Woes webwerf met ‘n totale pryspot van R50,000 oor vyf kategorieë.
Soos ek ‘n paar maande terug genoem het, wou ek graag ten minste R50,000 se pryse vir die kompetisie hê en sowaar het ons daardie mikpunt al gehaal. Ek sal graag die totale prysgeld steeds wil verhoog en moedig enigiemand aan wat as ‘n borg wil optree of weet van maatskappye/persone wat as borge sou wou optree om vir Morne van Staden te kontak by morne@woes.co.za of op sy selfoon 083 257 3441.
Ons is tan besig om met ‘n paar media borge te gesels om soveel blootstelling moontlik vir die nuwe webwerf en kompetisie te kry.
Daar word steeds gekyk na kwotasies vir ‘n bundel om die vorige kompetisie se finaliste.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Woes-Nuus

deur Delene de Wet
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.