Woes-Nuus

Titel: Nuwejaarsboodskap 2009

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos ons terugkyk na 2008 sien ons tekens van dinge wat in 2009 verwag kan
word. Die wêreldekonomie is besig om af te koel en wêreldwyd heers
onsekerheid oor sekuriteit en vooruitgang. As jy die Internet deurblaai sien
jy orals dat maatskappye mense afdank in hulle duisende. Eiendomspryse sak
teen ongelooflike persentasiepunte en vroeër waar mense gedink het hulle
rykdom groei is dit eintlik besig om minder en minder te word. Jou neseier
is besig om 'n nagmerrie te word. Ek verwys na hierdie sake in lig dat jy
inligting vanaf die internet kry, want volgens die Suid Afrikaanse media vermy ons die wêreldkrisis soos iemand wat nie wil aanvaar dat
'n verhouding wel op einde staan nie. Dit het gevolg dat Suid Afrikaners
steeds spandeer asof daar nie probleme is nie. Verblind tot wat in die
buitewêreld aangaan, leef ons in hierdie paradys wat nie geraak kan word nie,
solank ons net aanhou spandeer en meer skuld maak.

Gesprekke rondom die braaivleisvuur sê dit is nog net ses maande en dan sal
alles goed gaan. Sulke gesprekke laat my dink aan kits diëte waar jy
gewaarborg word dat jy die 20kg wat jy oor die afgelope 10 jaar opgetel het
in 6 weke kan verloor. Al word rentekoerse met 5% verminder sal dit steeds
maande, indien nie jare neem, voordat dinge weer terug is waar dit vroeër
was. Skuld gemaak in oorlewing word nie oornag terugbetaal nie en mense
besef dit nie.

Ons staan voor 'n Nuwejaar vol onsekerheid. Gaan 2009 'n goeie jaar wees as
ons kyk hoe 2008 geëindig het? Al wat jy kan doen is om te wonder oor hoe
ons gaan aanpas by omstandighede wat besig is om te vorm. Orals waar ek met
mense praat is hulle gemoedere hoog maar woorde soos "hoop" en "miskien" is
wat die jaar se vooruitgang beskryf. Mense probeer sien hoe hulle by hierdie
probleme gaan aanpas. Hoe gaan ons deel vorm van harde dae wat voorlê om die
beste daaruit te kom? Dit is asof hulle besig om 'n krokodil te voer in hoop
dat hulle laaste geëet sal word.

Maar wat help dit? Wat help dit om te konformeer tot omstandighede? Hoekom
wil ons wees soos al die ander sukkelende miljoene daarbuite, as ons soveel
meer as dit kan wees?

Wat help dit om onsself af te bring tot op die wêreldstandaard? Ons is Woes
mense en ons is meer as dit. Ons is mense wat daagliks skep en ons emosies
uitleef. Ons is nie skaam om te erken hoe ons voel en wat ons in die
gesig staar nie. Saam as 'n groep is ons deur moord, roof, dood,
teleurstelling en ontelbare hartseer en steeds staan ons saam as een op
hierdie webwerf. Saam dra en ondersteun ons mekaar. Saam skep ons
drome waar vroeër 'n dorre hart in skerwe gelê het.

Ons kan kies om deel te wees van wat in die wêreld aangaan of ons kan kies
om 'n beter wêreld te skep. 'n Wêreld waarin ons floreer in persoon, gees en
liefde. Waar berge saam geklim en in molshope verander word.

Dit is my visie vir 2009. 'n Visie van vooruitgang en oorvloed, en ons het
dit ons hande. Dit is voor jou om te gebruik, jy moet net die keuse maak.
Die keuse van opstaan in plaas van lê, 'n glimlag in plaas van 'n frons, 'n
helpende hand in plaas van wegkyk in ongemak.

Moet nie dat jou omstandighede bepaal wat jou toekoms gaan wees nie. Jy is
meer as dit. Ons is meer as dit. Geen mens kan iets noemenswaardig in sy
lewe verrig sonder die ondersteuning van ander mense.

Ek weet wat my doel en plan in hierdie lewe is. Ek gaan miljoene mense se
lewens op 'n positiewe manier aanraak. Ek gaan uit my pad uit gaan om mense
te help om meer te wees, al ken ek hulle nie. Ek gaan my bes doen om mense
op te bou om hulle ware potensiaal te ontdek en te ontgin. Hierdie jaar is
my jaar. Hierdie jaar is die jaar waar sukses, geluk en liefde my gaan jag
soos 'n honger leeu. Ek weier om gelukkig te wees met enigiets minder. Ek
weier om te gaan lê. Ek weier om my huidige omstandighede te aanvaar. Ek
GAAN hierdie jaar my jaar maak. Ek gaan al my drome najaag en 'n sukses
daarvan maak. Ek is geseënd in alles want my gemoed is reg. Ek is geseënd
want my hart is reg. Ek is geseënd want my visie is reg.

Gaan jy jou omstandighede aanvaar of gaan jy opstaan en veg vir wat jy weet
jy verdien? Ons is hier 'n klomp Afrikaanssprekendes wat die krag in ons
hande het om 'n land op te hef, reg te maak en te verbeter. Ek weet wat my
keuse is en ek bly daarby al is dinge hoe donker. Kom, ek nooi jou uit na 'n
jaar van onbeskryflike suksesse, jy moet net die keuse maak vandag en
daarin glo. Gaan sit vir 'n halfuur en dink aan verskonings om nie die besluit
te neem nie of gaan jy opstaan vir wat jy in glo in jou hart?

Op my profielblad vertel ek presies waarheen ek oppad is,
http://willemwoes.woes.co.za , is jy deel van die Woesspan of staan jy
alleen teen jou omstandighede?

Ek wens almal 'n suksesvolle 2009 toe. Woes.co.za gaan op almal se tonge
wees in hierdie jaar.

As jy dink iemand sal baat vind by hierdie boodskap stuur dit gerus aan, ons kan net sowel begin om die Wonderlike-Woeste-2009 te verkondig sodat almal deel kan wees in dit.

Groete,

Willem Gous (Willem Woes)
web@woes.co.za




ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar