Titel: Onlangse tegniese probleme
Weergawe: 1
Aantal woorde: 255
Kere gelees: 1385
Datum gepubliseer: 10 Apr 2009
Die afgelope week is daar redelike tegniese probleme ondervind wat tot gevolg gehad het dat die webwerf en ander Woes webwerwe vir ‘n paar dae aflyn was.
Dit is alles veroorsaak deur ‘n ekstreme bediener ineenstorting. Omdat Woes so groot is word die webwerf op sy eie bediener gehuisves en die webwerf was op dieselfde bediener vir die afgelope twee jaar. Intussen het die webwerf se besoekersgetal met meer as 300% gegroei terwyl die bediener dieselfde gebly het. Ons was in die proses om te kyk na ‘n nuwe bediener toe hierdie tegniese probleem sommer hierdie proses in eerste rat forseer het.
Die webwerf word tans op ‘n interim bediener gehuisves totdat die nuwe bediener aanlyn is. Die nuwe bediener is een monster van ‘n rekenaar en sal die nuwe groei van Woes asook Mabooki.com kan hanteer vir ‘n lang tydperk. Julle sal in kennis gestel word van alle veranderinge wat plaas vind asook wanneer dit sal plaasvind.
Ek vra omverskoning vir die ongerief veroorsaak deur hierdie tegniese probleem maar dit was ongelukkig buite my beheer gewees. Tans is Woes.co.za aanlyn, Ruff.co.za en Mabooki.com sal ook aanlyn kom soos werk aansterk.
Indien daar enige probleme is kan dit julle tot my aandag bring deur my te epos met die interne epos fasiliteit op die webwerf totdat normale epos oplyn gebring word. Daarna sal julle my kan kontak op web@woes.co.za
Dankie vir die ondersteuning en geduld in hierdie tyd.
Groete,
Willem Woes
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur adnama
Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.