Woes-Nuus

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis nie altyd maklik om adverteerders te oortuig om in Afrikaans te adverteer nie, maar as jy daarin slaag is die lof en erkenning baie soet.

Dít is die idee en konsep waarmee die agentskap King James in Johannesburg met Pendoring se veldtog vir 2006 beloon is. Pendoring se werkskomitee het eenparig besluit dat die boodskap wat dié veldtog in die komende jaar sal oordra, nie net vars en oorspronklik is nie, maar ook presies is wat Pendoring self by skeppers van Afrikaanse reklame wil tuisbring.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar is Pendoring se veldtog op ’n tender-grondslag gehanteer en nie soos in die verlede waar Pendoring se Prestige-wenner se agentskap outomaties die volgende jaar se veldtog hanteer het nie.

Vyf agentskappe, naamlik Lobedu Leo Burnett, Net#workBBDO, The Junction, Eliance en King James Johannesburg het einde verlede jaar hul idees aan Pendoring se werkkomitee voorgelê en hoewel die kwaliteit baie hoog was, is daar spontaan vir King James gestem.

King James se veldtog is deur Deon Wigget (kopieskrywer), Gustav Lammerding (kunshoof) en Eoin Welsh (skepppende hoof) geskep. Wigget is self ook ‘n voormalige Pendoring Prestige-wenner.

“Pendoring het deur die jare dit baie goed reggekry om die Afrikaansheid van die toekennings te kommunikeer,” sê Wigget. “Die veldtog vir 2006 neem die handelsmerk nou ’n stap verder deur ook die reklameheid van die toekennings te kommunikeer. Talle organisasies kan daarop aanspraak maak dat hulle Afrikaans bevorder. Net een organisasie kan daarop aanspraak maak dat hy Afrikaanse reklame bevorder. Dit is die Pendorings – die gesag op Afrikaans reklame. Ons verstáán Afrikaanse reklame.”

Die veldtog word in April van stapel gestuur en inskrywings vir Pendoring 2006 sluit 30 Junie 2006. Voornemende deelnemers kan vanaf 1 April die inskrywingsvorms op die webwerf www.pendoring.co.za kry.

Die gala-aand, wat soos gewoonlik ‘n groot makietie gaan wees en ‘n ‘moet’ vir elke skepper van Afrikaanse reklame, vind op 1 September by Vodaworld in Midrand plaas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar