Woes-Nuus

Titel: R50 000-prysgeld vir ongepubliseerde skrywers

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Willem Gous, eienaar en uitvoerende bestuurder van die webwerf www.woes.co.za, het gister aangekondig dat dié webwerf in samewerking met ander rolspelers en borge ’n skryfkompetisie ter waarde van R50 000 gaan loods.
“Wat hierdie kompetisie anders maak,” verduidelik Willem, “is dat dit vir ongepubliseerde skrywers die geleentheid gee om hul stem te laat hoor.
“Dit is so ironies dat die meeste publikasies net bekende persoonlikhede gebruik om byvoorbeeld hul rubrieke te skryf terwyl dit nie noodwendig beteken dat daardie persoon regtig kan skryf of ’n sterk mening het oor iets nie. Hopelik kan hierdie kompetisie publikasies en mediahuise skrywers met talent laat raaksien.”
Goeie nuus is dat daar meer as genoeg kategorieë is vir deelnemers is om voor in te skryf. Nie net is daar ’n afdeling vir die beste rubrieke nie, maar ook vir kortverhale, gedigte, kinderverhale en artikels. Die sluitingsdatum vir die Woes-skryfkompetisie 2011 is 30 April 2011. Wenners sal tydens ’n vyfster-galageleentheid in Julie 2011 aangekondig word.
Saam met hierdie kompetisie loods www.woes.co.za ook die eerste van ’n mentorskapprogram vir ingeskrewe lede van die woes-webwerf. Daar gaan afgeskop word met ’n mentorskap oor die skryf van rubrieke en meningstukke.
“’n Mentorskap verskil van ander skryfkursusse aangesien die wysheid en kennis as ’t ware van die programleier na die deelnemers van die mentorskap deursypel. Skrywers leer om hul eie werk te evalueer en krities te bekyk. Alhoewel daar kursusnotas beskikbaar gaan wees, is die leiding van die oorspronklike programleier later nie meer nodig nie, want mense leer om na hul eie skryfwerk te kyk sonder om ’n graad in letterkunde of skryfkuns te hê,” verduidelik Willem die konsep.
Die mentorskapprogramme gaan mettertyd na die genres van digkuns, kinderverhale, kortverhale en artikels uitgebrei word.

Vir meer inligting aangaande www.woes.co.za, die skryfkompetisie of die mentorskapprogram kan Willem Gous by web@woes.co.za gekontak word – vir navrae aangaande borgskappe en media kan Morne van Staden by 083 257 3441 gekontak word, of stuur ‘n epos aan morne@woes.co.za




Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar