Woes-Nuus

Titel: Rapportering van probleme

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met die aanstel van die nuwe administrateur op Woes, http://ondersteuning.woes.co.za , wil ek dit net weer tot almal se aandag bring hoe om probleme met gepubliseerde werke en ander gebruikers te hanteer.

Ek moet erken dat sekere gebruikers die regte gehad het om werkstukke onaktief te stel en ook te kan skuif na ander kategorieë. Hulle was deur my gekies en ek het my bes gedoen om seker te maak dat hierdie gebruikers neutraal sal bly en ek moet erken hulle het ook so opgetree. Ek wil hierdie gebruikers bedank vir hulle hulp.

In ‘n skuif om seker te maak dat gebruikers waarlik voel dat hulle saak deur ‘n neutrale derdeparty hanteer word, is hierdie regte nou van daardie gebruikers ontneem. Die besluit word nou deur die nuwe administrateur hanteer. Die gebruikers wat vroeër hierdie regte gehad het, kan steeds voortgaan met hulle hulp deur op die skakel “Rapporteer Fout / Onaanvaarbare werk” te kliek onderaan enige werkstuk. Daar kan jy jou probleme met die spesifieke werkstuk stel. Indien die stuk blatant Woes algemene reëls breek sal sy dan die nodige stappe neem en die werkstuk ontaktief stel. Ek sal ook vra dat sy ten minste die skrywer kontak en verduidelik hoekom die aksie geneem is.

Indien ‘n werkstuk as ‘n moontlike verwysing na ‘n persoon op die webwerf kan wees en as ‘n persoonlike aanval gesien kan word sal Mandie dan met die betrokke skrywers deur die interne epos stelsel gesels en so die saak uitsorteer en dan die nodige aksie neem.

In albei gevalle glo ek dat probleme so regverdig en objektief moontlik hanteer sal word. Ek vra alle skrywers op Woes om die “Rapporteer Fout / Onaanvaarbare werk” skakel te gebruik.




Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar