Woes-Nuus

Titel: Reëls, regulasies en oortuigings

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het hierdie week te doen gehad met ‘n gebruiker wat ek nie noodwendig as ‘n spanspeler sien nie.

Woes.co.za is ‘n kreatiewe platform vir Afrikaans. Hier moet jy of met die taal speel of met kreatiewe denke speel. Kreatiwiteit beteken dat jy as mens kan vervorm en nuwe konsepte begryp en so groei en groter word en terselfdertyd die taal bevorder. Dié persoon het enige “nee” woord gesien as iets van die duiwel af en enige “ja” as die wil van God gesien.

Ek het respek vir mense se geloofsoortuigings en moedig regtig ‘n geestelike lewe in een en almal aan. Indien jy dit verder wil neem en op Woes.co.za artikels publiseer wat hierdie saak uitlig sal dit volgens die reëls van die webwerf moet geskied. As dit teen jou geloof is om volgens die webwerf se reëls op te tree sal ek met graagte vir jou verwys na vele ander webwerwe wat jou met ope arms sal ontvang. As ek Steven Covey kan aanhaal “Seek first to understand, before being understood”. Vra vrae voordat jy oordeel. Wees oopkop. Wees gretig om te leer. Moet asseblief nie jouself en jou intelligensie beledig deur die wêreld te probeer vorm soos jy dit sien nie. Almal sien alles uit verskillende oogpunte, al glo jy en jou buurman dieselfde dinge.

Deur ander skrywers te probeer verstaan en te sien waar hulle vandaan kom sal jy verryk word en ook dit wat Woes vir lesers bied.




Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar