Woes-Nuus

Titel: Resultate van navorsing

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Paar maande terug is daar navorsing gedoen met die Woes gebruikers om te sien wat hulle pla en wat hulle gelukkig maak. Ek was baie verbaas toe die finale verwerking van die data by my uitgekom het.

Meeste mense het net komplimente oor die webwerf en ek dank julle vir dit. Ek weet ek doen nie altyd reg nie en ek deel nie altyd met julle die struikelblokke wat in my pad staan om wel dinge op Woes altyd te verbeter nie maar tog word die bietjie wat ek doen waardeer. Dankie.

Een van die dinge wat uitstaan is dat die mense op Woes regtig ‘n noue band met mekaar het. Julle is nie net aanlyn vriende nie maar ware vriende. Vir my beteken dit dat mense meer opregte kommentaar oor werk sal lewer wanneer hulle so doen.

Daar is ook ‘n groot behoefte identifiseer dat daar ‘n afdeling geskep word waar julle verjaardae en algemene gelukwense en so met mekaar kan deel. Een van die groot probleme weer was die feit dat jy na ‘n ander blad geneem word as jy kommentaar wil lewer maar dit is onlangs verander en ek glo die webblad is aansienlik meer gebruikersvriendelik a.g.v. dit.

Probleme met Premium+ se betaling is ook tot my aandag gebring en dit is hoekom daar nou een enkele kontak persoon is vir hierdie tipe probleme. Vroeer was dit tussen my en Marlene wat gedoen moet word en dan iewers verloor ek die draad van ‘n probleem en so veroorsaak dit ongeluk. Indien jy enige Premium+ probleme het kan jy enige tyd vir Marlene kontak by rek@woes.co.za

Daar sal van nou af meer gereeld navorsing gedoen word sodat die webwerf volgens die behoeftes van die lesers en skrywers kan groei.

Dankie aan almal wat deelgeneem het en hier volg ‘n paar punte soos gebruikers dit aangehaal het:

Nope. Heel happy.
Dankie !
Dankie vir die platform. Goeie werk!
Nie op die oomblik nie
Ek is gelukkig dankie!
GELUK MET WOES!!!! DIT WERK!!!!
Dankie vir die voorreg om deel te kan wees van iets wat eie is aan ons. Dankie vir die duidelike standpunt wat jy inneem oor die ongewensdheid van seker onderwerpe Willem!
Dankie. Dis bakgat!
Dit is 'n Puik Platform vir Afrikaans
Nee, dis woes lekker
Baie goeie werk dankie !!
Dis vir my 'n eer en voorreg om te kan sê, dat my werke op woes verskyn. Dankie vir die puik diens.
Verder dink en voorwaar dat hierdie woeste plek 'n woeste lekerte is. Ek het baie respek vir jou inisiatief en werk met hierdie podium wat jy vir ons daargestel het - baie dankie - minda
Ek was baie beïndruk met Woes en het dit vreeslik geniet om daarop te speel die vakansie wat verby is en wens ek het meer tyd gehad om van die ander mense se werk te lees.
Dankie vir wat julle doen!
Dankie vir die werf,dit gee ouens soos ek,wat eers te bang was om my goed vir selfs my man te wys,moed!
Definitief - Ek wil graag baie dankie se vir 'n puik-puik webwerf Willem!
Ek is nog maar 'n nuweling op woes dus, vir eers GENIET ek dit net gate uit!
Nie nou spesifiek nie
Woes is 'n fantastiese webwerf wat aan alle siele met 'n skryflus gebied word.
Mmm Ja, 'n GROOT DANKIE ek geniet dit oor 'n honderd!
Ek geniet Woes verskriklik woes!!
Ek is nog te nuut. Ek moet nog baie lees. Dis rerig aangenaam om hier rond te kuier.
Ek dink dit is fantasties dat daar 'n woes webwerf is. Ek is ook bly dat daar 'n engelse woes gaan wees want nerens op die web is daar 'n kwaliteit webwerf vir engelse stukkies nie.
Julle is gr8!
Dankie vir n great diens!
'n Fantastiese webwerf.




BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar