Titel: Tegniese probleme: ‘n oorsig van alles
Weergawe: 2
Aantal woorde: 338
Kere gelees: 1636
Datum gepubliseer: 14 Feb 2008
Daar het die afgelope paar dae ‘n paar snaakse tegniese probleme opgeduik. Ek wil net verduidelikings gee vir dit.
1) Ander skrywer se werk verskyn op almal se profiel blaaie: Daar is tans ’n probleem met die funksie waar jy werk saam met ‘n ander skrywer kan plaas. Dit is vir nou eers verwyder totdat ons kan sien hoekom dinge gebeur soos dit doen.
2) Werk is weg: Gister het almal se werk vir ‘n rukkie verdwyn. Al die werk is steeds veilig bewaar op die bediener. Ons was net besig om te kyk waar die probleem lê met werk saam met ander mense instuur en in daardie oomblik was die webwerf bietjie stukkend. Dit is toe dadelik reggestel.
3) Werk instuur: Baie mense sukkel met werk instuur. Daar kom waarskuwings ens. voor en dan kom die teks ook snaaks voor. Dit is omdat Internet Explorer dinge saam met MS-Word oortrek en dan ook as jy “copy en paste” uit Word dink Internet Explorer iets buite die program probeer iets aanvang en dan sien dit dinge as ‘n probleem en wil dit nie doen nie.
So dinge is soos volg verander. Jy copy & paste nou jou werk soos gewoonlik in ‘n leë venstertjie. Die venstertjie gee geen probleme met Word nie. Dan, wanneer jy kyk of jou werk reg vertoon kan jy verstellings maak deur dinge kursief te maak of reg en links te skuif. Dit is die beste oplossing waarmee ek vorendag kon kom.
Ook wanneer jy jou eie werk besoek en op die verstel skakel kliek sal jy dan dinge soos kursief ens. hê wat jy aan die teks kan doen.
4) Opgradeer na Premium+: Al is jy reeds opgradeer na Premium+ sal jy steeds ‘n rooi skakel onder persoonlike opsies sien wat vra “Opgradeer na Premium+”. Dit sal daar wees tydens die twee weke proef tydperk om dit maklik vir mense te maak om te kan opgradeer.
Dankie vir julle geduld totdat hierdie probleme uitsorteer word.
Willem Woes
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Woes-Nuus
Gedigte

deur Christo Nel
In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.