Woes-Nuus

Titel: Vaarwel aan twee Woesters

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die afgelope week het ons twee Woesters aan die dood afgestaan, Maans en IPEK. My hart gaan uit aan hulle geliefdes en hoop dat God hulle vrede sal bring. Hierdie is nie die eerste Woesters wat ons so vaarwel heet nie en dit voel elke keer asof ons ek iemand in die familie verloor. IPEK se suster het ‘n herdenking aan IPEK aangestuur.


Liewe Ipek,

Vandag is jou dag … ons dink vandag intens terug aan jou …
Jy wat ons altyd laat gis het oor jou ware ouderdom ...
Jy wat dit kon regkry dat ons ons skoene moes uittrek in jóú heiligdom!
Jy wat my die WARE betekenis van die woorde ”hemels” en ”heilig” geleer het.
Ja, jy wat kos kon verbrou – dit ’n Franse naam gee en ons heerlik daaraan laat kou!
Ek dink aan lang nagte met ’n glasie rooiwyn, met Edith Piaf en Jacques Brel as deel van die samesyn.
Jy’t ons geleer van Turkye, Sri Lanka en ... Ramadan.
Ja – ook van Mauritius, Kouros en Kurdistan – die wêreld was aan jou bekend.
Tog was jy, met al jou wonderlike eienskappe so GROOT geheim, so PRIVAAT ...
Min van ons het eers besef jy was ‘n kranige skrywer en digter: 71 gepubliseerde gedigte en kortverhale.
Daarvan het jy gesê: ”Ek wil my emosies in my verse probeer weergee. Poësie is vir my in die letterkunde soos parfuum wat uit velde blomme gekondenseer word”.

Min van ons het besef hoe diep alleen jy soms kon wees …
”In die blokkiesraaisel van die lewe is jy (vir baie van ons) ry 18 dwars – en opopgelos”.
Maar dit is alles verby ...
Jy was vir ons ’n voorbeeld, ’n rolmodel, ’n ligpunt, vriend, broer, ’n maat en ’n vertroueling.
Dít gaan ons mis ... maar JY staan aan ’n nuwe begin.
Nou KAN jy die gordyn weer ooptrek.
Die lig KAN weer inkom en vir jou skyn.
Helder, soos die lig wat jy in ons lewe was, al was jy self aan die kwyn ...
As Korporaal het ek jou leer ken (jonk, nog kind …).
As Generaal van die Lewe salueer ons jou.
Mag jy vir ewig vrede vind!

Jou beste vriend.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar