Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe ek vanmôre so langs die strand stap vra ek myself: “watter woord sal die regte woord wees vir hierdie week se Vandag in Woorde tema?” Die seelug het ’n manier om die gedagtes verfris.

Die woord wat in my kop gekom het, was ‘BAND’ en ek het gedink dis ’n goeie woord, want daar is ’n hele kraaines van bande wat in ons lewens vervleg en geknoop is.

Daar is ’n gesinsBAND, ’n familieBAND en ’n liefdesBAND. Dis die spesiale BAND tussen ‘n pa en sy dogter. Ek sien dit elke keer as Bokka en sy Prinses bymekaar is. Ook die spesiale BAND tussen ’n ma en haar seun. Dit beleef ek self.

Die BAND tussen ’n man en ’n vrou.

Die BAND tussen ’n gelowige en die Here.

Die BAND tussen jou en jou werkgewer en jou en jou onderdaan.

Daar is ’n BAND tussen ’n kind en sy skool. Tussen die speler en sy span.

Die BAND tussen die troeteldiere op jou werf.

Die BAND tussen die skryf-diere hier op die Woes-werf.

Die BAND tussen vriende en vriendinne.

Die BAND tussen jou en die bank aan wie jou huis en jou kar behoort totdat jy al die skuld betaal het.

Dan is daardie letterlike BANDE in ons alledaagse lewens.

Dis ’n BAND om die kop van ’n werker om die perspirasie uit sy oë te hou en die BAND om ’n meisie se hare intoom te hou.

Dis die luiperdvel-BAND om die kakie hoed van die boer in sy bakkie. Dis die BAND aan die jaggeweer van die einste boer.

Die kousBAND wat die bruid hoog om haar bobeen dra. En wat van die kousBAND wat die manne gedra het in die dae toe kortbroek safari pakke saam met kniekouse mode was?

Dis BAND oor jou skouer wat die handsak vol waardevolle item, soos lipstiffie en mascara, dra.

Die BAND oor jou voet wat die Prada sandaal vasknyp.

Watter BAND is noodsaaklik en belangrik in jou lewe?

Watter BAND moet of wil jy eerder verbreek?

Watter BAND dra jy in watter omstandighede?

Waaraan het een van die bogenoemde BANDE jou laat dink?

Skryf vir ons van jou BAND/ BANDE in ’n gedig, liriek, kortverhaal of rubriek. Bind die woord BAND aan jou titel vas.

Tot volgende week dan, leef voluit en skryf voortdurend!

Boland-groetnis.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar