Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is BEDERF. Dis omdat ek nou swaarkry, nadat ek BEDERF was met my Bokka wat heeldag by my was en hier uit die huis uit gewerk het. Nou is hy in ’n kantoor in die stad en ek het niemand meer om my te BEDERF nie. (Snuif-snuif)

BEDERF is nou een van daai woorde wat twee algeheel en toetentaal teenoorgestelde konnotasies het. Die eerste BEDERF is onaangenaam, nl. Sleg/vrot word. Dink maar aan vleis of groente of vrugte wat BEDERF geraak het. Ewe onaangenaam is ’n kind wat te veel BEDERF word of was en nou eintlik ook vrot is in die samelewing. ’n Bedorwe brokkie.

Nog ’n BEDERF wat negatief is, is wanneer jy jou oë bederf deur in swak lig te lees of in skerp lig te werk sonder die nodige beskerming.

Tog is BEDERF ook goed en mooi. ’n Man of vrou kan die wederhelf BEDERF met iets waarvan die persoon beslis sal hou, soos kaartjies vir die rugby of Russiese ballet. Of sommer net Lindt sjokolade of ’n sak biltong. Ek was die afgelope tyd kort-kort BEDERF met ’n beker vars koffie of rooibostee met heuning en suurlemoen, nes ek daarvan hou.

Vandag het jy nou geleentheid om die BEDERF wat jou aan die hart raak, vir ons in die genre van jou keuse te beskryf. Op daai manier BEDERF jy sommer elke leser ook!

Nou toe dan, ek hou jou nie vêrder op nie. Skryf vir ons ’n interessante of sommer net tone-krul-lekker BEDERF bydrae.

Boland-groetnis.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar