Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kiekies loop lang paaie met haar gedagtes hierdie week. Weereens tower sy 'n heerlike onderwerp op en ek is seker dat ons almal sulke bêre-goed saam met ons hou. My gedagtes het sommer reeds die loop geneem en dit sal heerlik wees om te lees wat julle alles iewers bêre ...



Almal bêre iets. Iewers in ’n laai of ’n boksie of agter ’n toe deurtjie. Om te onthou om nie te vergeet nie. Dan op ’n terugdink dag word dit uitgehaal. Baie versigtig. Om weer te bekyk, weer te onthou, weer te voel soos die dag wat jy dit die eerste keer gesien het. Dis nie ’n man-ding of ’n vrou-ding nie, dis ’n mens-ding.

Daar is ’n wye verskeidenheid van bêre-goed met net so verskeidenheid van bêre-redes. So is daardie gedroogde platgedrukte roosknoppie of madeliefie wat hy vir haar gegee het die aand wat sy die eerste grootmens soen gesmaak het. Die Wicks-borrelgom papiertjie wat hulle in die bioskoop gedeel het toe hy die eerste keer aan haar hand geraak het. Die strooitjie uit die eerste blikkie Marinda wat hulle saamgedrink het. Die laai vol foto’s van vorige kêrels of nooiens. Dalk ook ’n stapeltjie liefdesbriewe wat ruik na laventel of Eau-de-cologne 4711, met ’n blou lintjie vasgebind.

In ’n groot bruin koevert is die oorspronklike koopkontrak van sy eerste motor wat hy teen die bankrot-maak-prys van R5450 aangekoop het. Asook ’n salarisstrokie wat die ryk man salaris van R390 per maand verklaar. Verder is daar ’n vliegtuigkaartjie van die wittebrood reis na Capri. Of was dit Kaapstad? Sy korporaalstrepe van weermag dae is seker ook daar. Of dalk sy Dixie. Saam met die knipmes wat sy pa altyd gebruik het. Dalk ook die bankboekie van die subskripsie-aandele-rekening waarin hy sy eerste miljoen gespaar het, as ek nou nie twee of drie nulle te veel gesien het nie.

Sy het ’n toeryg sakkie waarin sy al die plastiek naam bandjies bêre wat haar kinders in die hospitaal om die armpies gedra het, toe hulle gebore was. Tesame met elkeen se eerste wisseltandjie, wat sy moes terugkoop van die tande muis. Ook haar seël ringetjie wat sy gekry het vir haar dertiende verjaardag en nou bêre vir die eerste kleindogter. En haar ouma se geblomde sakdoekie met die fyn kant soompie. Sy bêre dit in die ou Rose’s sjokolade boksie tesame met ’n klompie verouderde vergeelde foto’s wat sy met haar mik-en-druk geneem het. Lank voor sy al die digitale foto’s kon neem wat sy nou ook bêre. In lêers in haar rekenaar se geheue. Daarvan het ons tog almal.

My ma het al wat ’n skoolrapport en diploma of sertifikaat was, wat ek oor my hele skoolloopbaan ontvang het, gebêre. Ek kon myself nie help nie en het die tradisie voortgesit. Nou sit ek met al myne én die kinders s’n en die paartjies van Bokka wat ons kon red. Dis nou tyd dat die kinders hulle s’n huis toe vat.

Waaruit bestaan jou bêre-goed en waarin bêre jy dit en vir watter rede? Wanneer haal jy dit uit en hoe voel jy dan? Vir wie wys jy dit? Hoe lankal bêre jy dit? Laat ons asse-groot-blief tog toe om saam te kyk, te onthou en te beleef.

Ons sal met respek, baie versigtig met jou bêre-goed werk.

Onthou asb om "Bêre-goed" in jou titel te gebruik. Geniet dit!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar