Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met die geur van lente in die lug en hier en daar al ’n paar bloeisels wat die nog-kaal takke versier, is die tema vir Vandag in Woorde hierdie week ‘BLOMME’.

Weet nie of die vroue op Woes ook soos ek is nie, maar my Bokka toor met my as hy sommer in die middel van die week, in die middel van die maand, vir geen oënskynlike rede nie, vir my ’n bossie blomme bring. Verlede week Maandag was so dag, toe hy weg geglip het by die werk, om vir my ’n paar varkore en ’n paar rose te bring. Gelukkig vir hom word ek nie beïndruk deur ’n rangskikking nie.

Iemand het op ’n dag gesê dat ’n deurmekaar bos blomme, ware liefde wys.

Hierdie blomme-tema is nie beperk tot die vroue nie. Die beste blom-kwekers en tuin-skeppers is mans. Ek dink sommer dadelik aan Adrian Kuyper se roos plaas in die Boland.

Dis nie noodwendig die opgesmukte, peperduur blomme wat die mooiste is nie. Wat van laventel, kappertjies, viooltjies en gesiggies? Veldblommetjies en fynbos? Tog is die Orgideë in Singapoer, die tulpe in Holland en die Proteas in die Kaap, ook pragtig. In Abu Dhabi word die sypaadjies omgetower met petunias en in Siprus is dit weer skottels vol leeubekkies. Nou onthou ek ook die lande vol kanola blomme in die Overberg streek en die kosmos verniet-blommetjies wat elke jaar oral langs die paaie in Gauteng en Noord-wes opkom. Die Bougainvillea in Rustenburg, die Jakarandas in Pretoria. Die varkore langs die strande van Valsbaai. Hier in die bos groei daar oral, Poinsettia, Hibiskus en Frangipani. Skielik hoor ek vir Theuns Jordaan sing van die Namibsroos.

Hoe sou die ou wêreld tog gelyk het sonder blomme? Ek wil nie eers dink nie. In elke blom sien ek my mense. Die flambojante Amarillis en die aanstellerige Gladiolas. Die onopgesmukte Asters en die oordadige Dahlias.

Asseblief tog, kom vertel ons van die blomme in jou lewe. Vertel die storie van jou geblomde eiland hemp. Of die stowwerige lap blom op ouma se kerk hoed. Die pers blomme op iemand se kis. Die enkel lang steel rooi roos van Valentynsdag.

Mag hierdie week gevul wees met blom-mense en blom-oomblikke en die Woes-werf besaai wees met blom-bydraes.

Groetnis uit die bos waar die jakarandas al begin blom.

Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar